Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 3 April 2026
    Wat is deernis, en hoekom is dit belangrik dat ons dit in ons lewe moet toepas? Barrie Ferreira gesels met Emma van der Walt, wat mensehandel bestry, om te hoor hoe sy deernis in haar werk waarneem.
    24 min
  • Kompas 2 April 2026
    Hazel Janse van Rensburg verwelkom ‘n nuwe Kompas-kollega, Chrislynn Sias-Louw. Ons ontmoet die vrou agter die mikrofoon, wat op Woensdagaande die program sal aanbied.
    20 min
  • Kompas 1 April 2026
    Chrislynn Sias-Louw gesels met Courtney Campbell, ’n arbeidsterapeut, wat glo in die krag van speel om kinders te leer en hulle vaardighede te ontwikkel. Sy vertel ook meer oor haar opvoedkundige emmertjies.
    23 min
  • Kompas 31 Maart 2026
    Susan Kemp, bemarkingsdirekteur by Sloom, deel skokkende statistiek oor die kwaliteit van Suid-Afrikaners se slaap. Sy gee raad om jongmense te help om meer uitgerus te voel.
    21 min
  • Kompas 30 Maart 2026
    Trudi van Wyk, Hoofdirekteur van Onderwys in die Nasionale Departement van Hoër Onderwys en Opleiding, en Danielle Heyns, adjunkhoof van Afrikaans Hoër Meisieskool in Pretoria, gee raad oor Graad 9-vakkeuses.
    25 min
  • Kompas 27 Maart 23026
    Wat kan jy verwag as jy binnekort met jou regsklerkskap begin? Barrie Ferreira vind uit wat jy moet weet om seker te maak dat jy hierdie ervaring oorleef.
    25 min
  • Kompas 26 Maart 2026
    Hazel Janse van Rensburg kuier by Laerskool Anton van Wouw in Pretoria om te hoor wat hulle uniek maak.
    19 min
  • Kompas 25 Maart 2026

    ‘n Onbekende siekte, en die verlies van ‘n pa. Hoe vind ‘n mens hoop in só ‘n situasie? Barrie Ferreira praat met twee jongmense wat deur hierdie moeilike tye gaan om te hoor waar vind hulle hoop in weerwil van die omstandighede.

    23 min
  • Kompas 24 Maart 2026
    Ons vind uit of ‘n oggendroetine bydra tot jou sukses. Hazel Janse van Rensburg het by vyf suksesvolle mense gaan inloer om uit te vind hoe hulle die oggend begin, en of hulle glo dat dit regtig ‘n verskil maak.
    20 min
  • Kompas 23 Maart 2026
    Barrie Ferreira vind meer uit van gesogte skaars vaardighede in verskeie bedrywe, waarvan jongmense kennis moet neem.
    25 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.