Dis belangrik om jouself toe te rus met die nodige kennis om gesonde verhoudings te handhaaf in alle vlakke van jou lewe, insluitend die klaskamer. Chrislynn Sias-Louw praat met opvoedkundige kenners Elisna Kelly en dr. Jeanne Roux oor die belangrikheid van goeie verhoudings in die opvoedkundige stelsels.
Vier paartjies, wat op ‘n toepassing ontmoet en voor die kansel opgeëindig het, deel hulle verhale. Hulle gee raad oor wat ‘n profiel laat uitstaan, hoe om jou veiligheid te verseker, en wat om nie te doen nie.
Waarvandaan jy kom, bepaal nié jou eindbestemming nie. Chrislynn Sias-Louw gesels met dr. Allison Matroos. Sy deel haar komvandaan in Atlantis en die kruin van haar akademiese sukses – ‘n PhD in Afrikaans en Nederlands.
Arlene Jacobs, ‘n prokureur wat struktuur en ‘n vaste salaris verruil het vir ‘n droom om haar eie blombesigheid te bestuur, vertel wat gebeur wanneer die pad wat jy gekies het, nie meer soos jóú pad voel nie. Sy gee ook raad oor hoe om jou passie en finansiële verantwoordelikhede te balanseer.