Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 7 Maart 2024
    Mart-Leen Oosthuizen  gesels met twee sjefs oor die opleiding van sjefs, die verskeie werksgeleenthede wat daar is, en wat die opleiding alles behels.
    26 min
  • Kompas 6 Maart 2024
    Arehan Brand verken die nomadiese-leefstyl, en vind dan uit of dit moontlik is om te reis en terselfdertyd ‘n inkomste te verdien. Hy gesels met Sonja van Niekerk, van Four Kids and a Bus, oor haar, haar man en hulle vier kinders se drie jaar lange reis, terwyl beide ouers gewerk het en die kinders skoolgegaan het.
    26 min
  • Kompas 4 Maart 2024
    Die danser, DfeatSA, vertel sy lewensverhaal. Dans het toevallig op sy pad gekom, en al het hy in die geheim gehoop dat hy 'n loopbaan daaruit sou kon maak, kon hy nooit raai dat hierdie droom n realiteit sou word nie. Sy talent, geloof en harde werk het hom uit moeilike omstandighede gelig, en vandag leef hy sy drome uit.
    24 min
  • Kompas 1 Maart 2024
    Chrislynn Sias gesels met Enrico Hartzenberg oor sy eerste kortfilm, Sister Dinges. Euodia Samson vertel meer oor haar selfhelpgids, Know Thyself.
    24 min
  • Kompas 29 Februarie 2024
    Anri van Jaarsveld praat oor die ondersteuningsnetwerke wat tieners kan bou voor hulle ‘n romantiese verhouding aanpak. Sy vertel hoe tieners kan verseker dat die romantiese verhouding nie hulle skoolwerk beïnvloed nie, en hoe hulle dit kan verbeter as die verhouding hulle akademiese prestasies laat verswak.
    24 min
  • Kompas 28 Februarie 2024
    Arehan Brand gesels met jongmense oor hoe om die impak van tegnologie en ander steurnisse op hulle akademie en werk te veminder. Hy vind ook uit hoe oud en jonk elke dag iets nuut kan leer.
    23 min
  • Kompas 27 Februarie 2024
    Anri van Jaarsveld gesels oor tienerverhoudings. Sy kyk na die ondersteuningsraamwerke wat tieners vir hulleself kan bou voordat hulle ‘n romantiese verhouding aanpak. Sy verduidelik hoe tieners kan verseker dat romantiese verhoudings nie hulle skoolwerk beïnvloed nie, en hoe hulle dit kan verbeter as die verhouding hulle akademiese prestasies laat verswak.

    24 min
  • Kompas 26 Februarie 2024
    Om 'n teaterproduksie op die planke te sit, is nie kinderspeletjies nie. Dit kos fyn beplaning en harde werk. Die persoon wat verantwoordelik is om die visie van die regisseur lewe te gee, is die verhoogbestuurder wat  die tegniese span lei. Ons loer agter die skerms van 'n teaterproduksie, en leer wat die werk van 'n verhoogbestuurder behels.
    26 min
  • Kompas 23 Februarie 2024
    Chrislynn Sias gesels met Lezandre Louw van die Onafhanklike Verkiesingskommisie oor die kommissie se intensiewe stembriefopvoeding-veldtog in die aanloop tot die verkiesing.
    25 min
  • Kompas 22 Februarie 2024
    Ds. Jaco Oosthuizen kyk in die maand van liefde na tienerverhoudings. Hy gesels oor die rooi vlae en ander belangrike dinge wat tieners moet raaksien wanneer hulle in verhoudings tree. Hy vertel oor hoe sosiale media verhoudings altyd laat goed lyk, en waarna tieners regtig moet kyk.
    25 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.