Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 7 Februarie 2024
    Arehan Brand gesels met Rudy Kianda, ‘n 2023-matrikulant wat doof is, oor sy akademiese prestasies. Hy het die matriekeindeksamen met drie onderskeidings geslaag. Frankoline Peers, ook bekend as Chubby Ziza op TikTok, is ‘n huisskoonmaker van Victoria Wes, wat haar hart op haar mou dra. Sy vertel van groot drome droom, en hoe om jouself te wees.
    23 min
  • Kompas 6 Februarie 2024
    Deel 1: Anri van Jaarsveld, ‘n onderwyser, psigometris en spelterapeut, praat oor die ontwikkeling van leierskapeinskappe by tieners. Sy vertel van hulpbronne wat jong mense kan gebruik om hulle kommunikasie- en leierskapeienskappe te verbeter. Sy verduidelik ook hoe ouers dié eienskappe in hulle kinders kan vestig.
    24 min
  • Kompas 5 Februarie 2024
    Luister na twee van 2023 se matrikulante wat sukses behaal het, in weerwil van moeilike omstandighede. Arehan Brand gesels met Sashen Chase, een van die ontvangers van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement se ministeriële toekennings vir akademie. Ricardi Matthee, ‘n jong atleet wat met optiese atrofie gediagnoseer is, vertel van sy atletiekprestasies, en van sy ervarings toe hy Suid-Afrika in Malawi verteenwoordig het.
    25 min
  • Kompas 2 Februarie 2024
    Het jy geweet dat onafhanklike kandidate nou kan meeding in verkiesings? Chrislynn Sias gesels hieroor met Ellsforth Booyse van die Onafhanklike Verkiesingskommisie. Die aktivis, William Sezoe, praat saam.
    25 min
  • Kompas 1 Februarie 2024
    Wat is die struikelblokke wat vroue in ambagte moet oorkom? Hoe kan mentorskap hulle help? Sosialemedia kan ook help om stereotipes uit te daag, en vroue te help wat die beroepsrigting wil volg.
    24 min
  • Kompas 31 Januarie 2024
    Arehan Brand gesels met Trudi van Wyk van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding oor watter instellings, anders as ‘n universiteit, daar is om verder te leer en te studeer, en waarom ouers en voornemende studente hierdie opsies behoort te oorweeg.
    24 min
  • Kompas 30 Januarie 2024
    Arehan Brand gesels met twee persoonlike finansiële bestuurders oor hoe ‘n verantwoordelike spaarplan lyk, en waaruit dit bestaan. Hulle bespreek ook lang- en korttermyn spaarplanne vir jong mense, asook hoe om geld op alledaagse dinge te bespaar.
    22 min
  • Kompas 26 Januarie 2024
    Chrisynn Sias gesels met Tamlyn Erasmus oor hoe sy as 28-jarige vrou haar eerste jaar op universiteit oorleef het. Danya Goosen vertel vanm die Aspoestertjie-projek waarby matriekmeisies kan baatvind.
    25 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.