
Sign up to save your podcasts
Or


Om ʼn positiewe gesindheid in ʼn negatiewe omgewing te handhaaf kan jou van al jou energie beroof.
Chrislynn Sias gesels met berader Janine Liedeman oor hoe om positief en gemotiveerd te bly en Ceagan Louw deel sy storie met die hoop om ander te inspireer.
Die nuwe skool jaar begin en die matriekuitsale is om die draai, tieners regoor die land voel angstig en raak depressief oor die veranderinge wat voorlê. Ds Riaan Steenkamp gesels as berader oor selfmoord onder tieners. Hy gesels oor die tekens, wat ouers en gemeenskappe kan doen om dit te voorkom en vroegtydig bewus te raak as hulle tieners dalk selfmoord neigings het.
Arehan Brand kry raad by onderwysers oor hoe om sommer vroeg in die akademiese jaar verskeie uitdagings te oorkom en akademiese sukses te waarborg. Matrikulante van 2023 deel ook insigte aan die Klas van 2024 oor hoe om die beste te maak van hul laaste skooljaar.
Haleigh van Rooyen gesels oor die oop maak van ‘n dans studio, sy gesels ook oor die registrasiefooie daaraan verbonde, asook die koste om die toerusting te koop, Sy raak ook aan bemarking en webtuistes.
n Opvoedkundige-sielkundige bied vir eerstejaar studente 'n paar wenke rakende die oorgang van hoërskool na 'n tersiêre instelling maklikker te maak.
Hoe kweek ‘n mens ‘n positiewe ingesteldheid?
Ivor Swartz, jeug-pastoor,skrywer en motiveringsspreker, gesels oor die belangrikheid van ‘n positiewe ingesteldheid. Hy en Chrislynn bespreek ook maniere hoe om dit te kweek.
Haleigh van Rooyen gesels oor die positiewe invloed wat pilates op jou fisiese gesondheid en geestesgesondheid kan hê. Sy gesels ook oor hoe Ballet en Pilates mekaar beinvloed en wat Pilates behels vir jong- en ouermense.
From the publisher's feed