Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 27 Desember 2023

    Arehan Brand draai die horlosie terug en doen ‘n terugblik op die belangrike en interessante gesprekke wat Woensdagaande in Kompas in 2023 plaasgevind het.

    25 min
  • Kompas 26 Desember 2023

    Mar-li van der Merwe gesels met Dr. Cornélle Tait, wie tans besig is om haar nagraads in die spesialiteits veld gesins geneeskunde te voltooi. Sy deel raad aan aspirante dokters, gesels oor die hoogtepunte en laagtepunte van haar beroep en vertel wat dit als behels om ‘n dokter te wees.

    25 min
  • Kompas 25 Desember 2023

    Ons hoor wat van die luisteraars se gunsteling kersstories is en wat kersfees vir hulle spesiaal maak. Dan dra Saskia Mcdilling vir ons haar gunsteling Kerslied voor.

    24 min
  • Kompas 22 Desember 2023

    Hoe kan jy jou gedagtes stimuleer gedurende die vakansie? Die kenner, Elisna Kelly, kom deel waardevolle raad en Christa Kleynhans gesels oor die slypskole waarby sy betrokke is en haar skryfwerk.

    26 min
  • Kompas 21 Desember 2023

    Dit is Kersfeestyd, maar hoe kan jongmense dit bekostig om geskenke te koop vir hulle familie en vriende? Ons maak goedkoop Kersgeskenke, van kerskaartjies tot by badsout.

    26 min
  • Kompas 20 Desember 2023

    Arehan Brand gesels met die wenners van vanjaar se Maak My ‘n Miljoenêr – Entrepreneur van die Jaar kompetisie, asook Albert van Wyk, die stigter daarvan. Hulle deel entrepreneurskaps-wenke en deel ook waarom die toekoms blink lyk vir tiener-entrepreneurs!

    26 min
  • Kompas 19 Desember 2023

    Paramedikus, Dewan Lombard, vertel wat om in sekere mediese noodgevalle tydens die vakansie te doen en Dawid Mocke, ‘n voormalige wêreld see roei kampioen, asook ‘n voormalige lied van die Nasionale lewensredding span, deel belangrike wenke sodat ons veilig kan wees in en om die water.

    24 min
  • Kompas 15 Desember 2023

    Verandering is nie altyd maklik of lekker nie, maar dis noodsaaklik. Hannelie Spies, opvoedkundige sielkundige, deel raad oor hoe matrikulante die kopskuif kan maak van skool na die grootmenswereld, en Warren October vertel van die organisasie Scouts for Kids.

    25 min
  • Kompas 14 Desember 2023

    Seisoenale depressie is ‘n siekte waarmee baie ouer mense sukkel en die Kerstyd roep rook baie hartseer emosies vir ou- en jongmense. Ds. Riaan Steenkamp gesels oor wat seisoenale depressie is, asook oor die behandeling daarvan.

    27 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.