Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.... more
FAQs about Kompas:How many episodes does Kompas have?The podcast currently has 1,420 episodes available.
March 21, 2023Kompas 21 Maart 2023Volgens ʼn onlangse studie spandeer die meerderheid jong Suid-Afrikaners ten minste ‘n kwartier van elke uur op hulle selfone. Mar-li van der Merwe gesels met dr. Marlena Kruger van Mind Unique Education oor haar stigting se aktiewe weldstand-veldtog, hoekom dit belangrik is om skermtyd te beperk om elektroniese verslawing te voorkom, en hoe dit geïmplementeer kan word....more25minPlay
March 20, 2023Kompas 20 Maart 2023Van akademie tot digkuns, sang en boogskiet. Suid-Afrika se jongmense woeker met hulle talente! Mar-li van der Merwe gesels uitblinkers wat op skoolvlak presteer....more26minPlay
March 17, 2023Kompas 17 Maart 2023Ons gesels met twee innoverende entrepreneurs. Amy Green, eienaar van Bespoke Janey, leer ons hoe om klei oorbelle te maak en Clyde Muller, ‘n student en besigheidseienaar, vertel van sy uitdagings en hoe hy alles balanseer....more28minPlay
March 16, 2023Kompas 16 Maart 2023Bedryfsielkunde is ‘n gesondheidsberoep wat die terapeutiese gebruik van alledaagse aktiwiteite behels om die fisiese, geestelike, ontwikkelings- en emosionele kwale te behandel wat ‘n pasiënt se vermoë om daaglikse take uit te voer, beïnvloed. Mart-Leen Oosthuizen gesels met ‘n bedryf sielkundige oor haar beroepen wat die studies behels....more26minPlay
March 15, 2023Kompas 15 Maart 2023Arehan Brand gesels met prof. Jean Greyling, die voorsitter van die Tangible Africa-projek, om te hoor hoe jongmense sonder ‘n rekenaar kan leer om te kodeer en programme te skryf. ‘n Paar jong mense vertel hoe hulle in hierdie velde betrokke geraak het, en die werksgeleenthede wat dit vir hulle gebied het....more26minPlay
March 14, 2023Kompas 14 Maart 2023Daar is 'n kritieke vaardigheidstekort in veeartsenykundesektor. Veeartse is nie net belangrik vir ons troeteldiere nie, maar ook vir wildbestuur, navorsing, voedselproduksie en vele meer. Mar-li van der Merwe loer in by dr. Madelé Bezuidenhout om uit te vind wat hierdie beroep behels....more25minPlay
March 13, 2023Kompas 13 Maart 2023Mar-li van der Merwe gesels met akteur en ook nou skrywer, David Ralph Viviers, oor sy debuutroman, MIRAGE. Dis 'n verhaal van liefde en verlies, en hoe ons stories en narratief gebruik om onsself te genees....more28minPlay
March 10, 2023Kompas 10 Maart 2023Sport het Suid-Afrikaners die geleentheid gebied om brûe te bou en saam aan ʼn beter toekoms te werk. Daar is ʼn sekere kameraderie wat tussen totale vreemdelinge kan ontstaan bloot omdat hulle dieselfde klub ondersteun. Ons gesels met twee klubafrigters oor hulle sportsoorte, en fokus op vroue omdat Wêreld Vrouedag onlangs gevier is....more22minPlay
March 09, 2023Kompas 9 Maart 2023Mart-Leen Oosthuizen praat met ‘n verpleegster wat haar eie kliniek begin het. Sy gee raad vir jongmense en gesels oor die stigma van verpleegkunde. Sy vertel van haar struikelblokke toe sy pas die kliniek oopgemaak het, en van haar gunsteling deel van haar werk....more21minPlay
March 08, 2023Kompas 8 Maart 2023Hoe kan die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (NYDA) jongmense help met vaardighede, werksgeleenthede en entrepreneurskapontwikkeling?...more24minPlay
FAQs about Kompas:How many episodes does Kompas have?The podcast currently has 1,420 episodes available.