Wendy Solomons, die Toerisme-Vakadviseur in die Kaapse Metropool, rus leerders toe met die nodige kennis en vaardighede ter voorbereiding van die eindeksamen.
'n Fotograaf vertel ons hoe sy haar kennis van fotografie met haar gemeenskap deel. Suid-Afrika se wêreldkampioen-trompoppies vertel van hulle ervaring in Kroasië. En, n matrikulant wat na sy matriekafskeid geloop het, vertel hoekom hy besluit het om dit te doen.
Bors- en servikskanker is as ’n nasionale prioriteit geïdentifiseer. Anel Bezuidenhout deel haar reis met borskanker, en Chenal Kock vertel hoe kanker nie net die gediagnoseerde affekteer nie, maar ook hulle families.
Alana Olivier is 'n jong entrepreneur. Sy besit haar eie bakbesigjeid. Sy gesels oor hekel, hoe sy haar besigheid begin het, en hoe sy balans vind tussen haar werk en persoonlike lewe.
Trevor Forbes, ‘n Besigheidstudies-onderwyser by die Zandvliet Sekondêre Skool in Macassar, praat oor die inhoud van Besigheidstudies se eindeksamenvraestel 2.
Suzette Van Niekerk, die Vakadviseur: Afrikaans vir Graad 10 tot 12 by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement deel wenke ter voorbereiding en aflegging van die Afrikaans Huistaal-eindeksamen.
Die Studenteplein-debatspan van Stellenbosch Universiteit vertel hoekom debat, veral Afrikaanse debat, op universiteitsvlak bevorder moet word. Hulle vertel ook hoe hulle gevaar het in die Dink of Sink onvoorbereide debatkompetisies.
Die dood is vir baie ‘n taboe-onderwerp, maar hoe gemaak as jy skielik ouerloos is? Chrislynn Sias gesels met Joshwin Sampson en Karien Maasdorp oor hoe hulle deur hulle verlies moes werk.
Mart-Leen Oosthuizen gesels met ‘n haarkapper oor haar beroep as lektor by ‘n haarkapperskool. Sy verduidelik die verskil tussen mans en vroue se hare, en wat jy moet doen as jy 'n haarkapper wil word.