Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.... more
FAQs about Kompas:How many episodes does Kompas have?The podcast currently has 1,420 episodes available.
February 07, 2023Kompas 7 Februarie 2023Mar-li van der Merwe gesels met Dano Swart, ‘n oudleerling en kranige sportman van die Hoërskool Brandwag in Uitenhage, wat op 7 Mei 2019, tydens provinsiale rugbyproewe sy nekwerwels gebreek het en daarna sy lewe in ‘n rolstoel moes voortsit. Dano vertel van die impak wat dit op sy lewe gehad het....more26minPlay
February 06, 2023Kompas 6 Februarie 2023Athina Jansen gesels met die Hoër Volkskool in die Oos-Kaap se matriekklas van 2022. Die uitblinkers vertel van hulle prestasies en wat hulle doelwitte vir 2023 is....more26minPlay
February 03, 2023Kompas 3 Februarie 2023Arehan Brand gesels met Salomi Mostert en Leon Lategan van The School of Entrepreneurship oor hoe Jan Alleman ‘n entrepreneur kan word, al is dit net om ‘n basiese inkomste te kan verdien. Christiaan Joubert, ‘n derde-jaar B.Com Regte-student vertel hoe belangrik dit is om so gou moontlik werkservaring op te doen en te netwerk....more27minPlay
February 02, 2023Kompas 2 Febuarie 2023Droomsindroom bestaan uit twee broers, Kyle Schlebusch (16) en Kirsten Schlebusch (23). Hulle gesels oor hoe hulle lewe verander het, en hoe hulle werk en skool balanseer met musiek....more25minPlay
February 01, 2023Kompas 1 Februarie 2023KRAGKAMP - Episode 19 (slot): Kobus Burger, die meesterbrein agter die KRAGKAMP-reeks, maak ‘n belangrike aankondiging, en die deelnemers vertel van hulle vaardigheidsreis en hoe hulle persoonlik gegroei het....more25minPlay
January 31, 2023Kompas 31 Januarie 2023Matriek-toppresteerders, Suzelle Nel van Hoërskool Brandwag in Uitenhage, Utroff Rosent van Hoërskool Paul Roos in Stellenbosch en Dealan Fredericks van Malmesbury deel hulle studiewenke en woorde van wysheid....more23minPlay
January 30, 2023Kompas 30 Januarie 2023Athina Jansen gesels met die matriekklas van 2022 se top presteerders. Leerders van die Noord- en Wes-Kaap deel hulle sukses en wenke met ons. Hulle verteenwoordig Hoërskool Martin Oosthuizen, Hoërskool Vredendal, Arcadia Sekondêr en Hoërskool Apex....more21minPlay
January 27, 2023Kompas 27 Januarie 2023Die oorgang van skool na universiteit is nie altyd maklik nie. Met hierdie nuwe fase van jou lewe kom daar baie verantwoordelikhede en groot veranderinge. Hannelie Spies, ‘n opvoedkundige sielkundige, verduidelik hoe studente hierdie fase soomloos kan hanteer. Simone Anna Mart Louw, een van die land se toppresteerders, gesels oor haar planne vir die jaar en hoe opgewonde sy is vir die nuwe fase....more22minPlay
January 26, 2023Kompas 26 Januarie 2023Die matriekuitslae is onlangs bekendgemaak. Ons gesels met die toppresteerders in Gauteng....more25minPlay
January 25, 2023Kompas 25 Januarie 2023KRAGKAMP - Episode 18: Arehan Brand en Mar-li van der Merwe staan gereed om die wenner van die reeks te kroon. Dawie Roodt, die beoordeelaar van uitdaging 7 (Begrotings en beplanning), maak sy puntetoekenning bekend, en die deelnemers vertel waarom hulle dit verdien om die wenner te wees....more27minPlay
FAQs about Kompas:How many episodes does Kompas have?The podcast currently has 1,420 episodes available.