Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 18 September 2023
    Chloè van Rooyen gesels met rymkletser Early B oor sy betrokkenheid by n projek wat fokus op die bewusmaking van Alzheimers en demensie in skole. Ons leer ook meer oor dié siekte, en waar jy bystand kan kry.
    23 min
  • Kompas 15 September 2023
    Ons almal weet hoe gewild nikotien, alkohol en energiedrankies onder die jongklomp is, maar is jy bewus van die newe-effekte wat hierdie middels kan hê? Ons hoor ook wat kenners oor verslawende middels te sê het.
    26 min
  • Kompas 14 September 2023
    Mart-Leen Oosthuizen gesels met 'n jong entrepreneur, Laurette Oberholzer. Sy is 15 jaar oud, en besit 'n seepmaakbesigheid. Sy gesels oor seepmaak, hoe sy haar besigheid begin het en, oor die balansering van skoolwerk, haar besigheid en haar persoonlike lewe.
    26 min
  • Kompas 13 September 2023
    Luize Kroukamp, die Fisiese Wetenskappe Departementshoof by die Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch, praat oor Fisika Vraestel 2, die Chemievraestel, se inhoud en slaggate.
    25 min
  • Kompas 12 September 2023
    Arehan Brand gesels met Luize Kroukamp, die Fisiese Wetenskappe Departementshoof by Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch, oor Fisika Vraestel 1 se inhoud en slaggate.
    24 min
  • Kompas 11 September 2023
    Ons leer meer van agritektuur, en wat jy kan verwag sou jy argitektuur gaan studeer. 'n Karate-uitblinker vertel van sy ervaring by die Wêreldkampioenskap waar hy 'n goue medalje gewen het.
    25 min
  • Kompas 8 September 2023
    Is jy bekommerd oor hoe jou dae op universiteit gaan lyk? Amoné Schoombie kyk na studentelewe op kampus. Sy hoor by studente hoe hulle hulle dae as ‘n universiteitstudente spandeer, en hoe hulle hulle finansies bestuur.
    24 min
  • Kompas 6 September 2023
    Lorraine Kuun, die Lewenswetenskappe Departementshoof by Hugenote Hoërskool in Wellington, praat oor die inhoud van Vraestel 2 en die verskillende probleemareas.
    20 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.