Arehan Brand gesels met Anita Ockhuis, Wiskunde-onderwyser by Proteahoogte Akademie in Brackenfell, oor Wiskunde Vraestel 1. Die inhoud van die vraestel, eksamen-voorbereidingswenke en hulpbronne word ook gedeel.
Ons leer meer oor narre-spel as 'n vorm van teater. Die geselskap van die produksie. 'n Gek vir jou, vertel van hulle skeppingproses en hoe belangrik dit is om teaterproduksies te skep wat toeganklik is vir almal.
Elke mens het die potensiaal het om sewe lewens te red. Augustus is wêreldwyd Orgaanskenkermaand. Chrislynn Sias praat hieroor met Jonty Wright, ‘n mediese student en stigter van die organisasie, Save 7. Martinique du Preez deel sy verhaal van twee oorplantings.
Leon van Nierop gesels oor rolprentkunde as skoolvak. Hy vertel van sy nuwe handboek, wat hy geskryf het om onderwysers van hulp te wees om rolprentkunde as vak aan te bied. Hy gesels ook oor Suid-Afrikaanse films en watter loopbane daar in die filmbedryf is.
Arehan Brand gesels met Elsie Harmse van UXI Ambagsopleiding oor hoekom meer jongmense ‘n loopbaan in die ambagte behoort te oorweeg. Vroue se rol in dié bedryf is ook in die kollig.
Nicola Roos het onlangs haar afgedruk stempel op die Amerikaanse kunstoneel met haar boeiende uitstalling, A Taste of Salt, in Los Angeles. Sy vertel vir Mar-li van der Merwe van haar artistieke reis en loopbaan as kunstenaar.
Willemien Kotze het die geleentheid gehad om die NASA-skool in die VSA by te woon. Sy was deel van 'n groep van meer as 50 leerders van dwars oor die wêreld. Hulle moes 'n program opstel om 'n bemande ruimtevaartuig na Mars te stuur.
Chrislynn Sias gesels met Wihan Joubert, wat sy eie toep (Drip Market) ontwikkel het, waarop mense items kan koop en verkoop. Danya Goosen het haar liefde vir mooi klere omskep in ‘n winsgewende tweedehandse winkel.
Mart-Leen Oosthuizen gesels verder met twee studente wat ’n potgooi begin het, waarin hulle vir jongmense raad gee oor finansies, CV’s en werksonderhoude.