Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 8 Augustus 2023
    Mar-li van der Merwe gesels met prof. Phillip Stoop van Stadio oor die tradisionele en nie-tradisionele loopbaanroetes wat regsgegradueerdes kan volg. Arbeidsregprokureur Denver Brandt gee raad aan aspirantregstudente.
    27 min
  • Kompas 7 Augustus 2023
    Malandi Marais het haar liefde vir kinders, en haar kennis van regte, bymekaar gesit en 'n boek vir kinders geskryf om hulle bewus te maak van hulle regte. Sy is ook betrokke by die projek, Baby Savers, en was deel van die top 30 finaliste vir Mej. Suid-Afrika!
    25 min
  • Kompas 3 Augustus 2023
    Mart-Leen Oosthuizen gesels verder met twee studente wat ’n potgooi begin het, waarin hulle vir jongmense raad gee oor finansies, CV’s en werksonderhoude. Hulle vertel watter toerustig jy nodig het as jy jou eie potgooireeks wil begin.
    24 min
  • Kompas 2 Augustus 2023
    Onthou jy jou nuwejaarsvoornemens? Hoe vorder jy daarmee? Arehan Brand gesels met Colette Neuns van Boston City Campus oor loopbaandoelwitte, die verkenning van nuwe geleenthede, en die belangrikheid daarvan om voortdurend te groei.
    25 min
  • Kompas 1 Augustus 2023
    Watter kwalifikasies het jy nodig om op ‘n passasierskip te werk? Ilge-Mari Schutte en Chanté Visser gesels oor die avonture en uitdagings wat gepaard gaan met hierdie beroep. Hulle gee ook raad aan jongmense wat ‘n beroep op die land vir een op die water wil verruil.
    27 min
  • Kompas 31 Julie 2023
    Chloè van Rooyen gesel met rugbyspeler Pamela Booys. Sy was jongs af 'n sportfanatikus, maar het nooit gedink dat sy op die rugbyveld  sou opeindig nie.
    21 min
  • Kompas
    Chrislynn Sias gesels met Clint Aplon, 'n akteur, oor sy pad na sukses. Johnny Davids vertel van sy liefde vir verpleegkunde.
    25 min
  • Kompas 27 Julie 2023
    Mart-Leen Oosthuizen gesels met twee studente wat ’n potgooi begin het, waarin hulle vir jongmense raad gee oor finansies, CV’s en werksonderhoude.
    26 min
  • Kompas 26 Julie 2023
    Arehan Brand en Roodt Griesel, ‘n werwingsbestuurder, sluit hulle gesprek oor sagte vaardighede vir die moderne werksplek af. Hulle kyk na emosionele intelligensie, werksetiek en aanpasbaarheid, en verduidelik waarom dit belangrik is om realisties na jou vaardighede te kyk.
    24 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.