Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 25 Julie 2023
    Wat behels dit om op ‘n luukse passasierskip te werk? Ilge-Mari Schutte en Chanté Visser vertel vir  Mar-li van der Merwe van die avonture en uitdagings wat gepaard gaan met hierdie beroep.
    27 min
  • Kompas 24 Julie 2023
    Chloè van Rooyen vind uit watter vaardighede jy nodig het om 'n au pair te word, en wat jy kan verwag sou jy aangestel word as een.
    25 min
  • Kompas 21 Julie 2023
    Oorweeg jy dit om te emigreer?" Chrislynn Sias gesels met twee mense wat reeds die besluit geneem het. Athina Jansen en Raven Abrahams vertel van die navorsing, administrasie en alles anders wat mens moet doen vóór jy jou sakke pak.
    25 min
  • Kompas 20 Julie 2023
    Mark de Jongh, ‘n persoonlike fiksheidsafrigter, vertel wat sy beroep behels, hoe hy oefenprogramme vir sy verskillende kliënte ontwikkel, en sy suksesse as ‘n afrigter.
    24 min
  • Kompas 19 Julie 2023
    Om uit te staan in ‘n alewig veranderende werksplek is belangrik. Een manier om dit te doen, is om te verseker dat jou sagte vaardighede uitstekend is. Arehan Brand gesels met Roodt Griesel, ‘n werwingsbestuurder, oor leierskap, kreatiwiteit, tydsbestuur en probleemoplossing.
    25 min
  • Kompas 18 Julie 2023
    Die Wolkskool is enig in sy soort. Dis ‘n Afrikaanse aanlyn-leerplatform met duisende videolesse, werkkaarte en assesserings vir laer- en hoërskool. Charlotte Fourie, die projekbestuurder van stelsel en onderrig by die Solidariteit Skole-ondersteuningsentrum, vertel wat hierdie nuwe generasie leerplatform behels, en hoe leerders, onderwysers en skole by die Wolkskool kan baat.
    27 min
  • Kompas 17 Julie 2023
    Dink jy daaraan om 'n lugwaardin te word? Chloè van Rooyen gesels met 'n lugwaardin oor wat haar werk alles behels, die opleiding wat sy gekry het en die uitdagings van die beroep.
    20 min
  • Kompas 14 Julie 2023
    Om jou eie besigheid te begin is glad nie ‘n katjie wat jy sonder handskoene moet aanpak nie. Chrislynn Sias gesels met Jamie Dawson en Donovan Januarie oor hoe hulle hulle besigheid begin het.
    24 min
  • Kompas 13 Julie 2023
    Mart-Leen Oosthuizen gesels 'n paar jongmense wat besighede begin het - van iemand wat konfyt maak tot twee jongmense wat selfoonspeletjies ontwikkel.
    23 min
  • Kompas 12 Julie 2023
    Spanwerk en effektiewe kommunikasie is belangrike aspekte van sagte vaardighede in die werksplek. Arehan Brand gesels hieroor met Roodt Griesel, ‘n werwingsbestuurder, en kry wenke oor hoe om dit op te skerp.
    26 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.