Arehan Brand en ‘n paar studente eksperimenteer met die kunsmatige intelligensie kletsbot, Chat GPT, en stel dan vas waarom dié toep se feitefoute dikwels studente in die sop laat beland.
Lê jou laai vol stories wat nog nie die daglig gesien het nie? Dit was die geval met Gita Fourie, maar vandag is sy 'n dramaturg met 'n Kannatoekening op haar naam. Sy gee wenke wat aspirantskrywers dalk net die nodige hupstoot kan gee.
Chrislynn Sias gesels met kultuuraktivis Deidre Jantjies oor haar liefde vir skryf. Theo Kemp van die Jakes Gerwel Stigting praat oor die basiese beginsels van skryf.
Diego April Jeffries, ‘n mode-ontwerper van Atlantis, gesels oor die modebedryf en sy uitdagings, veral wanneer jy ‘n man is. ‘n Paar matrikulante vertel hoe die Junie-eksamen afgeloop het.
Mar-li van der Merwe gesels met Tinus Beukes van die Twee Oseane Akwarium oor marinebewaringsgebiede, volhoubare visvang en die verteenwoordigers van die see, wat by die akwarium te sien is.
Matthew Witbooy het 'n paar goue medaljes gewen vir sy navorsing oor die uitwerking wat grondgebruike op die kwaliteit van die grond het. Hy deel sy navorsing met ons, en vertel van gesondheidsrisiko's wat die misbruik van grond vir die mens kan inhou.
Hoe kan ons die jeug bemagtig en aanmoedig om te stem? Deur te registreer om te stem, kan jy help om die politieke landskap te verander. Granville Abrahams van die Onafhanklike Verkiesingskommissie praat oor die belangrikheid vir jongmense om te registreer om te stem. En Ian Cameron van Action Society vertel watter impak dit op gemeenskappe het as mense nie stem nie.
Aansoeke vir die meeste na-skoolse akademiese kwalifikasies in 2024 sluit oor bietjie meer as ‘n maand, en vir baie voornemende studente kan dit senutergend wees. Arehan Brand en sy gaste help jou om dié bul by die horings te pak.
23 min
About Kompas
From the publisher's feed
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.