Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 30 Mei 2023
    Jy mag haar dalk ken as die aanbieder van Boer Soek ‘n Vrou, maar daar is so baie dinge wat jy nie van Marciel Hopkins geweet het nie. Hoekom is selfliefde, liggaamsaanvaarding en persoonlike groei vir haar so belangrik? Marciel gesels oor haar avonture in die vermaaklikheidsbedryf en hoe haar transformerende gewigsverliesreis daartoe gelei het dat sy ‘n motiveringspreker geword het.
    26 min
  • Kompas 29 Mei 2023
    Rochelle Niemand het op 'n vroëe ouderdom haar liefde vir die viswater ontdek. Sy deel haar mooiste herinneringe met ons. Sy het ook vroëer vanjaar aan die SA's deelgeneem. Luke van der Merwe het by die Afrikaspele deelgeneem, en nie net 'n goue medalje gekry nie, maar ook die Afrikarekord verbeter!
    27 min
  • Kompas 26 Mei 2023
    Om die voordele te benut wat sosialemediaplatforms aan jou bied, moet jy ag slaan op 'n paar belangrike faktore. Justin Donald Esau, ‘n entrepreneur, vertel hoe jy jouself  met sosiale media kan bemark. Nicole Jarvis, ‘n menslike hulpbronpraktisyn, vertel wat om eerder nie op sosiale media te plaas nie.
    26 min
  • Kompas 25 Mei 2023
    Melony Eksteen werk by die Roodepoortteater. Sy gesels meer oor haar beroep in die teater en vertel van die opleiding wat by die teater aangebied word.
    26 min
  • Kompas 24 Mei 2023
    Opedae by universiteite en loopbaanuitstallings is in die kollig, en wenke word ook met leerders gedeel oor  blokdae tydens eksamens.
    25 min
  • Kompas 23 Mei 2023
    Digter, aktrise, model, kunstenaar, sosiale media sensasie, Christi Steyn, het haar oorweldigende gevoelens tydens die pandemie, in New York neergepen, en die harte van ‘n miljoen mense regoor die wêreld gesteel. Mar-li van der Merwe gesels met Christi oor haar digbundel, What the Moon Gave Her, wat onlangs internasionaal vrygestel is.
    25 min
  • Kompas 22 Mei 2023
    Chloè van Rooyen gesels met die span van WAT DIE WATER WEET, 'n produksie wat geskep is vir ATKV- Tienertoneel. Met hierdie produksie skyn die leerders lig op kwessies wat die jeug vandag teister. Layla Fouché vertel ook hoe geskok sy was toe sy uiteindelik voor 'n muurskildery staan wat sy ontwerp het.
    28 min
  • Kompas 19 Mei 2023
    “Woorde het die vermoë om aan die stemlose ‘n stem te gee, en aan drome vlerke!” Chrislynn Sias gesels met professor Vivienne Lawak oor Stemme van Clarkson, wat onlangs omskep is in ‘n kortfilm. En, Jayson Goliath vertel van  sy toneelstuk, Probleemkind.
    21 min
  • Kompas 18 Mei 2023
    Nina Brink en Henri Pretorius gesels oor jeugbediening. Hulle vertel meer van hulle beroep as jeugleiers, en hoe hulle musiek gebruik om die jeug opgewonde te maak oor die kerk.
    24 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.