Digkuns is om te skilder met woorde. Almal het al probeer gedigte skryf, hetsy dit die oulike gediggie is wat jy vir jou laerskoolonnie moes skryf, of toe jy ouer word en diep geheime in gedigte verklap het. Twee digters, Quinton Stuurman en Suné Damons, vertel van hulle eerste liefde, woorde, en wat hulle skryfproses behels.