Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 13 Junie 2023
    Mar-li van der Merwe praat met Tinus Beukes van die Twee Oseane Akwarium in Kaapstad oor marinebewaring, en hoe ons ons deel kan doen om by te dra tot hierdie belangrike saak.
    27 min
  • Kompas 12 Junie 2023
    Soek jy raad vir beter studiemetodes of net 'n paar wenke oor hoe om op datum te bly met jou skoolwerk gedurende die kwartaal? Chloè van Rooyen gesels met graad 10, 11 en 12 leerders wat jou dalk kan help.
    29 min
  • Kompas 9 Junie 2023
    Watter rol het onderwysers in jou lewe gespeel? Almal het daardie een onderwyser wat ‘n lewenslange impak gemaak het. Chrislynn Sias praat met 'n paar onderwysers om te hoor hoekom hulle doen wat hulle doen.
    26 min
  • Kompas 8 Junie 2023
    Daar is ‘n groot tekort aan ambagte in Suid-Afrika, en die opening van die nuwe opleidingsentrum is ‘n stap in die regte rigting. Mart-Leen Oosthuizen vind uit wat dit behels om ‘n ambag as 'n loopbaan te volg.
    21 min
  • Kompas 7 Junie 2023
    Dr Linda-Louise Geldenhuys Nicholas, ‘n loopbaanspesialis by Boston City Campus, praat oor loopbane en werksgeleenthede in ontwikkelende bedrywe, en hoe jong mense hulleself kan voorberei daarvoor. Akteur Jacques Blignaut gesels oor die kortfilm, Everything a Boy Could Want, wat handel oor die impak van afwesige pa’s op kinders.
    26 min
  • Kompas 6 Junie 2023
    Kan leerders en studente staatmaak op die kunsmatige intelligensie kletsbot, Chat GPT, om hulle met huiswerk en assesserings te help? Jan Vermeulen, die redakteur by MyBroadband, en professor Vasti Roodt, hoof van die Eenheid vir Sosiale & Politieke Etiek by die Sentrum vir Toegepaste Etiek aan die Universiteit Stellenbosch, het die antwoord.
    26 min
  • Kompas 5 Junie 2023
    Twee jaar gelede het Pedro Basson se lewe verander toe hy hoor dat hy 'n nuwe hart moet kry. Alhoewel dit 'n moeilike tyd vir die jong man was, het hy aanhou veg en 'n nuwe doelwit voor oë gehad. Hy het gaan deelneem aan die Wêreld Oorplantingspele in Perth, Australië.
    22 min
  • Kompas 2 Junie 2023
    Chrislynn Sias gesels met Melanie Zeeman, ‘n dieetkundige, oor gesonde en volhoubare eetgewoontes. Suretha Kannenberg, ‘n dermatoloog, deel wenke oor velsorg.
    24 min
  • Kompas 1 Junie 2023
    Boeliegedrag is ‘n groot probleem in skole, spesifiek laerskole. Bianca van Heerden vertel hoe jy boelies kan hanteer, en met wie jy daaroor moet gaan praat. Ons gesels ook oor die ATKV se kortfilm, boelie issie coel nie.
    28 min
  • Kompas 31 Mei 2023
    Byna twee uit elke drie jeugdiges sit sonder werk. Arehan Brand gesels met dr. Linda-Louise Geldenhuys Nicholas, ‘n loopbaanspesialis by Boston City Campus, oor hoe om jou kanse met werksoek te verbeter en jouself relevant te hou.
    28 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.