Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 5 September 2023
    Lorraine Kuun, die Lewenswetenskappe Departementshoof by Hugenote Hoërskool in Wellington. praat oor die inhoud van Vraestel 1, en die slaggate waarvoor jy op die uitkyk moet wees.
    24 min
  • Kompas 4 September 2023
    'n Voedselwetenskaplike vertel wat sy beroep behels. 'n Graad 11-leerder wie se kunswerk gekies is as deel van die Rethink Irma Stern-projek, vertel waar haar inspirasie vandaan kom en hoekom sy so lief is vir kuns.
    25 min
  • Kompas 1 September 2023
    Heruitsending: Die medialandskap is konstant aan die verander, en selfs jongmense sukkel soms om by te bly. Twee jong joernaliste, Jody-Lynn Taylor en Clyde Adams, vertel hoekom jong stemme in dié bedryf so belangrik is, die belangrikheid om aan mense ‘n stem te gee, en wat hulle die meeste van hulle werk geniet.
    18 min
  • Kompas 31 Augustus 2023
    Leerders van Hoërskool Florida in Johannesburg gesels oor die musiekblyspel,  Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat, wat hulle opgevoer het. Hulle vertel van die samewerking tussen leerders, die omgee vir mekaar, die hulp van die gemeenskap, en hoe dit voel om in ‘n regt teater op te tree.
    23 min
  • Kompas 30 Augustus 2023
    Arehan Brand gesels met Lara Erasmus en Cecilia Klopper van afrikaans.com se CURAParent Matriekklaskamer. Hulle bespreek moedertaalonderrig en eksamenvoorbereiding, en deel wenke oor Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal se drie eksamenvraestelle.
    24 min
  • Kompas 29 Augustus 2023
    Arehan Brand gesels met Lindie van Gass, die skepper van afrikaans.com se Bank Beter-reeks, en kry waardevolle raad oor persoonlike finansies vir jongmense.
    26 min
  • Kompas 25 Augustus 2023
    Het jy al gewonder wat die werk van ‘n wetstoepassingsbeampte behels? Chrislynn Sias gesels met 'n paar wetstoepassers om meer oor hulle beroepe uit te vind. Tina Kruger vertel van die Silwerskermfees wat in Kaapstad plaasvind.
    21 min
  • Kompas 24 Augustus 2023
    Modeltreine is die eerste keer aan die begin van die 19e eeu vervaardig. Dit het later as opvoedkundige speelgoed gedien om kinders en volwassenes te leer van ingenieurs- en goegrafiese beginsels. Mart-Leen Oosthuizen gesels met die Noord Transvaal Modeltreinklub oor dié stokpertjie.
    24 min
  • Kompas 23 Augustus 2023
    Arehan Brand gesels met Anita Ockhuis, Wiskunde-onderwyser by Proteahoogte Akademie in Brackenfell, oor Wiskunde Vraestel 2. Die inhoud van die vraestel, eksamen-voorbereidingswenke en hulpbronne word ook gedeel.
    26 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.