Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 10 Januarie 2024

    Christene Bosman Vosloo, ‘n opvoedkundige sielkundige van Stellenbosch gesels met Arehan Brand oor die praktyke van introspeksie en mindfulness en hoe dit alles ‘n rol speel om sukses te behaal in die nuwe jaar.

    22 min
  • Kompas 9 Januarie 2024

    Arehan Brand gesels met Christene Bosman Vosloo, ‘n sielkundige oor identiteit en hoe jong mense dit kan benut om aan te pas in nuwe omstandighede en situasies.

    23 min
  • Kompas 8 Januarie 2024

    Sportsielkundige Jannie Putter kom vertel hoekom sport noodsaaklik is vir die ontwikkeling van jou kind asook die voordele van 'n aktiewe lewensstyl.

    26 min
  • Kompas 5 Januarie 2024

    Hoe kan jy ‘n blywende indruk maak gedurende 'n werksonderhoud? Die stylafrigter en motiveringsspeker, Marinda Aucamp, deel haar professionele kennis oor hoe luisteraars hul handelsmerk sowel as hul styl en-kleuranalise kan bou.

    25 min
  • Kompas 4 Januarie 2024

    Wat is die proses om opgelei te word as ‘n ballet afrigter? Wat behels dit om jou eie dans studio oop te maak? Haleigh van Rooyen gesels oor haar beroep as ballet onderwyser en wat dit alles behels om haar eie studio oop te maak.

    25 min
  • Kompas 3 Januarie 2024

    Arehan Brand gesels met Charl Davids, ‘n berader en sielkundige oor middel-misbruik en verslawing, asook die skadelike impak wat dit op jong mense se gesondheid het. ‘n Paar van 2023 se matrikulante deel ook raad aan die Klas van 2024.

    26 min
  • Kompas 2 Januarie 2024

    Jy ken haar dalk as Veronè van Suid-Ooster of Riekie van Binnelanders maar vir haar vriende en familie is maar net Zandelle. Vanaand skuif Zandele Meyer agter die Kompasmikrofoon in en vertel ons hoe die lewe as 'n vryskut akteur lyk.

    24 min
  • Kompas 1 Januarie 2024

    Ons welkom 2024 met 'n Kaapse Klopse Kompas program! Chloè van Rooyen vind meer uit oor die ontstaan van die Kaapse Klopse en die 2de Nuwejaar tradisies.

    24 min
  • Kompas 29 Desember 2023

    Jongmense deel hul menings rondom voornemens en dra ook goeie wense oor aan die luisteraars vir 2024. En die joernalis en TV-navorser Carryn-Ann Nel kom vertel oor haar hoogtepunt van die jaar – haar meestersgraad.

    19 min
  • Kompas 28 Desember 2023

    Die jaar is op sy einde en almal voel angstig daaroor. Jaco Oosthuizen gee sy 5 wenke as beraader vir ‘n suksesvolle 2024. Hy gesels oor die padkaarte van 2024 en hoe om rustig te raak voor die nuwe jaar aanbreek.

    26 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.