Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.... more
FAQs about Kompas:How many episodes does Kompas have?The podcast currently has 1,419 episodes available.
May 01, 2023Kompas 1 Mei 2023‘n Diskusatleet, ‘n liggaamsbouer, ‘n entrepreneur en ‘n hekkiesatleet skitter behoorlike op hulle onderskeie gebiede. Dié leerders hou Hoërskool Charlie Hofmeyr se naam hoog. Dit was rof in 2020, maar tog het hulle goud in hierdie onseker tyd gevind....more21minPlay
April 28, 2023Kompas 28 April 2023Chrislynn Sias gesels met joernalis Brandon Nel oor hoekom hy as kind as die klein koerantjie bekendgestaan het. Aspirantkunstenaar Branville Sayman vertel van sy vertonings by die KKNK, en wat hy ná matriek wil doen....more20minPlay
April 27, 2023Kompas 27 April 2023Vryheidsdag word elke jaar op 27 April in Suid-Afrika gevier ter herdenking van die eerste demokratiese verkiesing wat in 1994 gehou is. Dit is 'n dag wat die einde ingelui het van apartheid en die begin van 'n nuwe era van demokrasie, gelykheid, en vryheid vir alle Suid-Afrikaners....more26minPlay
April 26, 2023Kompas 26 April 2023Hoe staan jy kop bo skouers uit tussen hordes werksaansoekers vir slegs een pos? Arehan Brand gesels met Clirissa Olivier, ‘n werwingsagent, oor die werksaansoekproses en die foute wat aansoekers maak. Marie-Louise Funston van die Harambee Youth Employment Accelerator gesels oor die gratis mobiele toepassing wat vir die jeug beskikbaar is vir werksgeleenthede....more26minPlay
April 25, 2023Kompas 25 April 2023Oudioloog Martelle Bornman praat oor die tekens van gehoorverlies, wat jy kan verwag as jy vir ‘n gehoortoets moet gaan, en die beste maniere om na jou sensitiewe gehoororgane om te sien. Sy vertel ook wat haar beroep as oudioloog behels....more25minPlay
April 24, 2023Kompas 24 April 2023Isabella Groenewald is 'n 16-jarige gekwalifiseerde lewensredder. Sy het die See-en-Sand lewensreddingskursus voltooi, en is gekroon as Victrix ludorum. Sy vertel wat sy moes doen om die kwalifikasie te behaal. Sy vertel ook hoe dit voel om hoë druk situasies te hanteer. Emeré Pretorius sluit ook aan. Sy is onder die top 5 presteerders wat deelgeneem het aan die Franse Spelkompetisie. Emeré vertel waar haar liefde vir die Franse taal vandaan kom, en leer ook vir ons haar gunsteling Franse woord....more21minPlay
April 21, 2023Kompas 21 April 2023Chrislynn Sias gesels met twee studente wat onlangs graad gevang het. Hulle vertel van hulle studies en die struikelblokke wat hulle moes oorkom....more23minPlay
April 20, 2023Kompas 20 April 2023Riette O’Grady is die bestuurder van ‘n paar gastehuise op Dullstroom in Mpumalanga. Sy vertel wat haar behels en hoe haar dag verloop....more25minPlay
April 19, 2023Kompas 19 April 2023Albert van Wyk, ‘n jong entrepreneur, praat oor die wanpersepsies oor entrepreneurskap. Hy gesels ook oor die verskillende dinge wat voornemende entrepreneurs behoort te weet wanneer hulle ‘n besigheid begin....more19minPlay
April 18, 2023Kompas 18 April 2023Verstaan jy homonieme, homofone, sinonieme en antonieme? Suzette van Niekerk, ‘n Afrikaans Huistaal-vakadviseur, deel wenke oor die vraestelle. Arehan Brand vind meer uit van die verskillende aanlynhulpbronne om leerders te help met hersiening en voorbereiding vir eksamen....more28minPlay
FAQs about Kompas:How many episodes does Kompas have?The podcast currently has 1,419 episodes available.