Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 4 April 2024
    Hazel Janse van Rensburg praat met dr. Antoinnette Dos Ramos Richter oor breinfunksie. Hoor hoe jy jou brein kan help om jou te help leer, veral tydens eksamentyd.
    23 min
  • Kompas 3 April 2024
    Barrie Ferreira gesels met Kezia Coleman, ‘n opvoedkundige sielkundige, om leerders te help hoe om doelwitte vir hulleself te stel. Barrie praat ook met Wian van Rooyen wat agt onderskeidings en ‘n 96%-gemiddeld in Matriek gekry het, om te hoor hoe hy sy doelwitte gestel en bereik het.
    23 min
  • Kompas 2 April 2024
    Hazel Janse van Rensburg gesels met die Guinness-wêreldrekordhouer in springtou, SD Heijns, oor hoe jy mikrogewoontes in jou daaglikse lewe kan inkorporeer om makrodoelwitte te bereik.
    24 min
  • Kompas 1 April 2024
    Kompas kry 'n nuwe look, en Chloè van Rooyen gesels met die nuwe stemme wat van 1 April af agter die Kompas-mikrofoon inskuif.
    24 min
  • Kompas 29 Maart 2024
    Chrislynn Sias gesels met 'n jong pastoor, Anslin Gysman, oor Paasfees, en 'n paar jongmense vertel wat hierdie tyd vir hulle beteken.
    25 min
  • Kompas 28 Maart 2024
    Ds. Jaco Oosthuizen, 'n berader, verduidelik hoe tieners die verskil kan uitken tussen Hollywood-verhoudings en gewone verhoudings. Hy gesels die rooi vlae wat tieners moet raaksien, en hoe ‘n verhouding jou toekoms positief kan beïnvloed as jy dit reg hanteer.
    24 min
  • Kompas 27 Maart 2024
    Arehan Brand hoor by leerders wat die groeipyne was in die eerste kwartaal van die skooljaar, hoe hulle akademiese doelwitte vorder, en of hulle op koers is daarmee.
    25 min
  • Kompas 26 Maart 2024
    Kontakvrye week, ‘n geleentheid om ‘n blaaskans te vat van universiteit, of die ideale kans om voor te berei vir die volgende semester? Hoe belangrik is dit om werksondervinding op te doen terwyl jy studeer? Amoné Schoombie praat met dosente oor hulle aanbevelings vir studente tydens hierdie kontakvrye week. Hulle deel ook hulle kennis oor die belangrikheid van internskappe tydens jou jare op universiteit. Studente vertel ook hoe hulle gewoonlik hulle kontakvrye week spandeer, en watter raad hulle vir eerstejaarstudente het.
    26 min
  • Kompas 25 Maart 2024
    'n Selfverdedigingsinstrukteur gee wenke oor hoe om veiliger te wees, en hoe ouers vir hulle kinders veiligheidsbeginsels kan leer.
    27 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.