Blyde Schoeman lees J.J. Roberts se kortverhaal, IN DIE GLINSTERENDE GLAS. Dit handel oor ‘n meisie wat tydens Paasfees geloofsantwoorde soek in ‘n kerk.
Anrich Herbst lees Pieter van der Westhuizen se kortverhaal, PINKSTERVREUGDE, voor. Pinkster is ‘n persoonlike belewenis, maar dit kan ook ‘n wrang smaak laat.
Gerda Taljaard vertel in haar kortverhaal, ‘N SKOON BLADSY, van ‘n dame wat ‘n nuwe lewe saam met haar suster wil begin, veral nadat haar suster met geheueverlies wakker word in die hospitaal. Die voorleser is Elsabe de Jager.
Fanie Viljoen vertelin sy kortverhaal, STERT, van ‘n keuse wat ‘n jong seun moet maak. Hoe ver sal hy deur groepsdruk en nuuskierigheid gelei word? Sal hy betyds kan stop voor spyt begin intree? Die voorleser is Hanno van Zyl.
Richard van der Westhuizen lees die tweede deel van Pieter van der Westhuizen se kortverhaal, MANNETJIES GERICKE, voor. Die verhaal ontvou in die tyd van die Coalbrookmynramp in Suid-Afrika.
Johan de Nysschen vertel in sy kortverhaal, LETSELS, van ‘n dame se romantiese herinneringe wat vlamvat nadat sy ‘n man in ‘n koffiewinkel herken het. Karen Wessels is die voorleser.
Richard van der Westhuizen lees die eerste deel van Pieter van der Westhuizen se kortverhaal, MANNETJIES GERICKE, voor. Die verhaal ontvou in die tyd van die Coalbrookmynramp in Suid-Afrika.