De Klerk Oelofse lees WÊRELDBEKER-EINDSTRYD 2019 en DIE TOEKOMS voor uit Dana Snyman se bundel, WIE DE HEL IS JOHNNY JOUBERT: NOTAS VAN ’N RUGBYLIEFHEBBER. Dana het die 2019-eindstryd tussen die Springbokke en die Engelse Rose tydens ‘n letterkunde-naweek deur ‘n Bodorpse en Onderdorpse skrywersbril gekyk, en deel sy ervaring weergaloos.
Trisha Hugo vertel in haar kortverhaal, DIE LAASTE GYM, van ’n vrou wat op soek is na ‘n rusplek vir haar naderende herfsjare. Dit delf in diepte oor die soort vra wat sy haarself moet afvra om die gepaste tuiste te vind. Die voorleser is Marelize Engelbrecht.
De Klerk Oelofse lees DIE PLATTELAND IN voor uit Dana Snyman se bundel, WIE DE HEL IS JOHNNY JOUBERT: NOTAS VAN ’N RUGBYLIEFHEBBER. Die vergete dae van plattelandse klubrugby-glorie speel soos ‘n klankfilm voor jou verby.
Audrey Blignault beskryf in haar kortverhaal, MAL HANSIE, kinderonskuld en watter uitwerking die verlies daarvan op ‘n jong dogter kan hê. Die voorleser is Mia-Anne O’Kennedy.
De Klerk Oelofse lees drie nostalgiese kortverhale voor uit Dana Snyman se bundel, Wie de hel is Johny Joubert: Notas van ’n rugbyliefhebber: POPEYE DE BRUYN, PLIG en JOHAN DE BRUYN.
Nathan Trantraal vertel jou in sy kortverhaal, AMMEL IN OS HYS, hoe dit is om in ‘n gesin groot te word wat uit gangsters bestaan. Die voorleser is Christo Davids.
De Klerk Oelofse lees twee nostalgiese kortverhale voor uit Dana Snyman se bundel, Wie de hel is Johny Joubert: Notas van ’n rugbyliefhebber. EINDSTRYD en DANKIE OOM MANNETJIES neem ons terug na die nostalgiese Griekwa-Curriebekeroorwinning oor Noord-Transvaal in die begin jare 70 van die vorige eeu.
Blyde Schoeman lees J.J. Roberts se kortverhaal, IN DIE GLINSTERENDE GLAS. Dit handel oor ‘n meisie wat tydens Paasfees geloofsantwoorde soek in ‘n kerk.
Anrich Herbst lees Pieter van der Westhuizen se kortverhaal, PINKSTERVREUGDE, voor. Pinkster is ‘n persoonlike belewenis, maar dit kan ook ‘n wrang smaak laat.