Kortom

Kortom

By RSGArts
Download on the App Store

Kortom episodes

  • Kortom 18 Augustus 2026
    Audrey Blignault deel in haar kortverhaal, ‘N RYSTOEL MET ROOI ROSE, die ervaringe van ‘n jong dogter wat vir die eerste keer in haar lewe sal weet hoe dit voel as oupa en ouma saam in die ouerhuis kom bly. Die voorleser is Bertha Le Roux-Wahl.
    24 min
  • Kortom 11 Augustus 2026
    Dean Balie lees Pieter van Wyk se kortverhaal, TUSSEN TWEE VURE, oor ervarings as ‘n jong polisieman in ‘n veranderende Suid-Afrika.
    14 min
  • Kortom 4 Augustus 2026
    Abraham H. De Vries vertel in sy kortverhaal, DIT WAS ‘N VOORGEVOEL, van twee boeties wat vir jare lank nie met mekaar gepraat het nie, maar wel tog op die punt staan om dalk vrede te maak, weens nuus wat hulle ontvang het. Die voorleser is Philru van Achterbergh.
    15 min
  • Kortom 28 Julie 2026
    Richard van der Westhuizen lees Jan Horn se twee kortverhale, ’N KAR HET KARAKTER en TOTSIENS MY SKATTEBOL, uit sy aweregse bundel, STORIES IN DIE WAAIGRAS.
    16 min
  • Kortom 21 Julie 2026
    Elsabe de Jager deel in haar kortverhaal, ‘N HOND SE HART, die ervaringe van ’n emigrant, en hoe so ‘n skuif ‘n dame en haar hele gesin vir altyd beïnvloed. Die voorleser is Sue Pyler-Slabbert.
    21 min
  • Kortom 14 Julie 2026
    Richard van der Westhuizen lees drie van Jan Horn se kortverhale voor, en vertolk as’t ware die rol van Jan Horn. Hy word met ‘n stofsuier gekonfronteer in DIE KIRBY; die Minister van “It is Forbidden” stem hom tot nadenke oor aaptwak in EN JY MAG NIE; en in DIE WHEATSTONE probeer ‘n konsertina bespeel tot groot ontstigting en onsteltenis van sy geliefde honde.
    18 min
  • Kortom 7 Julie 2026
    Nelia Engelbrecht vertel in haar kortverhaal, WRAAK PROE SOOS MELKSKOMMEL, van ‘n tienerseun se planne om die boelies in sy skool te uitoorlê. Die voorleser is Wiandré du Plessis.
    21 min
  • Kortom 30 Junie 2026
    Richard van der Westhuizen lees twee stories voor uit Jan Horn se gewilde bundel, STORIES IN DIE WAAIGRAS. WAAIGRAS EN DIE BARMHARTIGE SAMARITAAN en ’N WOORDEBOEK IN C SHARP is bekoorlike verhale vol pret en menslike patos.
    17 min
  • Kortom 23 Junie 2026
    Elma Potgieter vertel in haar kortverhaal, MY LIEFSTE KARA, van ‘n sielkundige se moeilike besluit. Hy moet beslis oor of hy ‘n dame gaan ontslaan wat ‘n erge senuwee-ineenstorting ervaar het weens ‘n plaasmoord. Die voorlesers is Estel de Beer en J.J. Roberts.
    20 min
  • Kortom 16 Junie 2026
    Richard van der Westhuizen lees twee stories voor uit Jan Horn se gewilde bundel, STORIES IN DIE WAAIGRAS. AS GEITJIES BOOMSLANGE WORD is so waar soos padda manel dra, of nie? En in DAAR’S WATER word daar water getref met ‘n onkonvensionele nie-wetenskaplike metode.
    15 min

About Kortom

From the publisher's feed

’n Program waarin kortverhale voorgelees word