Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Kortom:How many episodes does Kortom have?The podcast currently has 599 episodes available.
June 16, 2026Kortom 16 Junie 2026Richard van der Westhuizen lees twee stories voor uit Jan Horn se gewilde bundel, STORIES IN DIE WAAIGRAS. AS GEITJIES BOOMSLANGE WORD is so waar soos padda manel dra, of nie? En in DAAR’S WATER word daar water getref met ‘n onkonvensionele nie-wetenskaplike metode....more15minPlay
June 09, 2026Kortom 9 Junie 2026Abri le Roux vertel in sy kortverhaal, PRETORIA SE TEATERSPOOK, van die manwales van die spook in die Masker Teater in Pretoria. Die voorleser is Eddie de Jager....more15minPlay
June 02, 2026Kortom 2 Junie 2026Richard van der Westhuizen lees twee stories uit ‘n oud SAUK-ner, Jan Horn, se bundel, STORIES IN DIE WAAIGRAS voor. Jan vertel van sy kinderdae waar hy op die Vaalhartsbesproeiingsskema grootgeword het in SOETDORING-KRISMIS. In KERSNAG OP DIE HONGAARSE GRENS, vertel hy van sy pa wat met ‘n verbeeldingryke Kersverhaal-idee die Russiese vlag gehys het, en dit later met die Bethlehemster vervang het. Dit het hom byna in die tronk laat beland....more16minPlay
May 26, 2026Kortom 26 Mei 2026Marie Toerien vertel in haar kortverhaal, CARIEMA SE KAFEE, van ’n Kaapse vrou en hoe elemente soos Maleise kos en Distrik 6 haar goue herinneringe en lewensdrome ‘n realiteit gemaak het. Die voorleser is Kim Cloete....more14minPlay
May 19, 2026Kortom 19 Mei 2026De Klerk Oelofse lees WÊRELDBEKER-EINDSTRYD 2019 en DIE TOEKOMS voor uit Dana Snyman se bundel, WIE DE HEL IS JOHNNY JOUBERT: NOTAS VAN ’N RUGBYLIEFHEBBER. Dana het die 2019-eindstryd tussen die Springbokke en die Engelse Rose tydens ‘n letterkunde-naweek deur ‘n Bodorpse en Onderdorpse skrywersbril gekyk, en deel sy ervaring weergaloos....more14minPlay
May 12, 2026Kortom 12 Mei 2026Trisha Hugo vertel in haar kortverhaal, DIE LAASTE GYM, van ’n vrou wat op soek is na ‘n rusplek vir haar naderende herfsjare. Dit delf in diepte oor die soort vra wat sy haarself moet afvra om die gepaste tuiste te vind. Die voorleser is Marelize Engelbrecht....more20minPlay
May 05, 2026Kortom 5 Mei 2026De Klerk Oelofse lees DIE PLATTELAND IN voor uit Dana Snyman se bundel, WIE DE HEL IS JOHNNY JOUBERT: NOTAS VAN ’N RUGBYLIEFHEBBER. Die vergete dae van plattelandse klubrugby-glorie speel soos ‘n klankfilm voor jou verby....more19minPlay
April 28, 2026Kortom 28 April 2026Audrey Blignault beskryf in haar kortverhaal, MAL HANSIE, kinderonskuld en watter uitwerking die verlies daarvan op ‘n jong dogter kan hê. Die voorleser is Mia-Anne O’Kennedy....more17minPlay
April 21, 2026Kortom 21 April 2026De Klerk Oelofse lees drie nostalgiese kortverhale voor uit Dana Snyman se bundel, Wie de hel is Johny Joubert: Notas van ’n rugbyliefhebber: POPEYE DE BRUYN, PLIG en JOHAN DE BRUYN....more16minPlay
April 14, 2026Kortom 14 April 2026Nathan Trantraal vertel jou in sy kortverhaal, AMMEL IN OS HYS, hoe dit is om in ‘n gesin groot te word wat uit gangsters bestaan. Die voorleser is Christo Davids....more17minPlay
FAQs about Kortom:How many episodes does Kortom have?The podcast currently has 599 episodes available.