Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Kosmos 94.1 sorg dat jy daagliks op hoogte bly van nuus en aktuele sake. Hoor dit eerste op Namibië se nommer een.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.
May 27, 2020'Verbruiker kry nie voordeel nie'Vloerpryse vir witmielies en mahangu is deur die Namibiese Akkerbouraad afgebring in ‘n poging om die prys van stapelvoedsel in die tyd van Covid-19 te beheer en so laag as moontlik te hou... Maar volgens Ian Collard, die Uitvoerende Hoof van die NMI Groep is daar nie veel voordeel vir die verbruiker nie... Hy gesels vanoggend met ons oor die kwessie......more3minPlay
May 27, 2020Ons is nie dronkaards nieOwerhede het talle male gesê dat Namibië is ‘n gemeenskap van dronkaards... en dat die inperking dit verlig het. Maar volgens Frederico Links van Fact Check Namibië, is Namibië nie ‘n land van dronkaards, soos deur die owerhede beweer word nie. Links is ons gas om oor sy navorsing te gesels......more2minPlay
May 26, 2020Vervolging sal moeilik wees - HornDaar heers groot kommer oor ‘n 47-jarige vragmotor bestuurder wie positief getoets het vir Covid-19 maar sy kwarantyn in Walvisbaai gebreek het. Daar is nou ‘n landswye poging om die kontakte van die vragmotor bestuurder op te spoor, maar daar is lede van die publiek wie sê die man moet vervolg word. Professor Nico Horn, ‘n plaaslike regsgeleerde is ons gas......more4minPlay
May 26, 2020'Ons moet kyk na ons eie' meen kennerReaksie word ontvang op berigte dat Namibië die vasteland se leier is in regeringsgeboue wat deur Chinese konstruksie maatskappy opgerig is. Namibië het ‘n totaal van 25, 10 meer as Angola wat tweede is met 15. Dr Hoze Riruako, ‘n Namibiese Politieke Ontleder sluit by ons aan vanoggend....more4minPlay
May 26, 2020Parlement moet opvang sê SpeakerDie Nasionale Vergadering hervat vandag sy sittings vir die eerste keer sedert die inperking as gevolg van Covid-19 aan die einde van Maart ingestel is. Daar was uitdagings met die digitale opset vir die sittings maar dit is opgelos. Die Speaker, Professor Peter Katjavivi gesels met Kosmos 94.1 Nuus....more2minPlay
May 22, 2020Daar is daadwerklike risiko met 'n stokvel meen kennerDie Bank van Namibië het ‘n plaaslike stokvel, wat ‘n 200 doller fooi vir lidmaatskap vra, as onwettig verklaar. Die stokvel word op Whatsapp bedryf en die bank sê lede kan vervolg word. Dr Omu Kakujaha Matundu van die Ekonomiese Fakulteit by Unam gesels vanoggend met ons hieroor......more3minPlay
May 22, 2020Covid-armoede ons almal se probleemVoorspellings toon dat Covid-19 armoede in Afrika suid van die Sahara met 2,8 persentasie punte kan opstoot. Dit beteken dat nog 26 miljoen mense as arm geklassifiseer sal word in ‘n gebied waar miljoene reeds met minder as 2 Amerikaanse doller per dag moet klaar kom. Die Besturende Direkteur van Allan Gray Namibië James Mnyupe is ons gas......more4minPlay
May 22, 2020Bewaringsgebiede kort nou ons ondersteuningDie Namibiese Kamer van Omgewingsake vra lede van die publiek om bewaringsgebiede in die tyd van inperking te ondersteun. Die gemeenskappe binne die gebiede dra miljoene by aan die ekonomie en is van kritiese belang vir bewaring. Dr Chris Brown van die Kamer sluit by ons aan......more4minPlay
May 20, 2020Kommer oor nuwe korona simptome by kindersTalle kinders regoor die wêreld het ‘n skerp immuun respons wanneer hulle korona opdoen. Dit beïnvloed bloedvate en kan tot hartskade kan lei. Dr Willie Bruwer ‘n bekende plaaslike long spesialis is ons gas vanoggend......more2minPlay
May 20, 2020Stres, trauma oor korona gaan geld kosDie huidige Covid-19 pandemie het in talle gemeenskappe trauma en stres veroorsaak en daar is kommer dat geestesgesondheid aanleiding kan gee tot bykomende druk onder lyers aan depressie en angs. Celia Kaunatjike, 'n Wêreldgesondheidsorganisasie Gesondheid Bevorderingsbeampte is ons gas......more3minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.