Skole in Namibië heropen eers op 3 Augustus wat nog drie maande van tuisonderrig beteken, terwyl meeste ouers terugkeer werk toe. Vir raad in die verband het Elna de Jager, die Hoof van die Primêre Skool by die Windhoek Afrikaanse Privaatskool, en Kobus Espach, die Hoof van WAP se Sekondêre Skool by Yanna en Jean Louis kom kuier.