Ongelykheid in beide Namibië en Suid-Afrika bly ‘n groot uitdaging. Die jongste syfers, dié vir 2018, toon ‘n Gini-indeks van 55 in Namibië. ‘n Hoër Gini-indeks dui op groter ongelykheid, met individue met 'n hoë inkomste wat baie groter persentasies van die totale inkomste van die bevolking ontvang. In die buurland het die indeks 57,3 in 2017 aangeteken en in 2018, is 57,7 aangeteken, wat aandui dat ongelykheid groei. Die jongste navorsing toon dat 10 persent van die buurland se bevolking 86 persent van die land se rykdom besit. Hein Klee die Besturende Direkteur van NMG Konsultante en Aktuarisse in die buurland is ons gas.