Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Kosmos 94.1 sorg dat jy daagliks op hoogte bly van nuus en aktuele sake. Hoor dit eerste op Namibië se nommer een.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.
April 27, 2020Beperking op uitgangsure 'onnodig'Die ANC regering wil ‘n beperking in die buurland op uitgangsure stel. Die regering se konsepvoorstel oor die regulering van besighede en die gemeenskap sluit ‘n algehele beperking op beweging tussen 8 uur namiddag tot 5 uur voormiddag in. Die voorstelle is tans oop vir openbare kommentaar en finale maatreëls sal Donderdag aangekondig word. Professor Andre Duvenhage, Politieke Ontleder in die buurland is ons gas....more4minPlay
April 24, 2020Harde kopieë moet ook aan leerders beskikbaar wees‘n Dokument van die Namibiese Ministerie van Onderwys oor die opsies vir die kalender van die akademiese jaar is aan die media uitgelek. Terwyl dit ‘n konsepdokument is, is daar ook tans erge uitdagings met die aangepaste onderrig tydens die inperking. Die Uitvoerende Direkteur van die Ministerie Sanet Steenkamp sluit by ons aan.......more3minPlay
April 24, 2020Bydrae van landbou krimp in NamibiëDie Namibiese Minister van Landbou, Calle Schlettwein, het getwiet dat Namibiese landbou-produktiwiteit afgeneem het na 3 persent van BBP. Volgens Schlettwein beteken swak integrasie binne die sektor dat toekomstige ontwikkeling plaaslike prosessering en produksie beter moet verbind. 'n Onafhanklike Namibiese landboukenner, Wally Roux gesels meer breedvoerig hieroor....more3minPlay
April 24, 2020Wat nou met die nuwe dokument van die Arbeidsministerie?Daan Strauss, die Sekretaris Generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging gesels met die oggendspan oor die uitdagings wat die privaatsektor nou moet aanspreek ingevolge die nuwe konsepdokument oor afdankings en verlagings in salarisse tydens die inperking... en 28 dae daarna. Die dokument is deur die Namibiese Ministerie van Arbeid bekendgestel....more15minPlay
April 23, 2020Arbeidskenner gesels oor nuwe maatreëlsDie Namibiese Ministerie van Arbeid het ‘n konsepdokument geskep wat reëls en regulasies uiteensit vir werkgewers. Een van die reëls is dat afdankings nie tydens die inperking mag plaasvind sonder spesifieke maatreëls wat ingestel moet word nie. Daar word verwag dat dit binnekort in die Staatskoerant gepubliseer sal wees. Herbert Jauch, ‘n plaaslike Arbeidskonsultant is ons gas......more3minPlay
April 23, 2020Shifeta en rolspelers praat oor Covid-19 en toerismeDie Namibiese Minister van Toerisme Pohamba Shifeta sê sy Ministerie het met rolspelers in die toerisme bedryf ontmoet om te bepaal wat die omvang van die impak van Covid-19 op die sektor is. Dit en stropery bly ‘n uitdaging gedurende die inperking in die land. Hy gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Nuus....more2minPlay
April 23, 2020Kenner sê SA se tyd vir inperking moet verby weesPresident Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika sal vanaand die land toespreek oor die inperkmaartreëls in die buurland. Die Hoof van die Universiteit van die Witwatersrand se Sakeskool, Professor Jannie Rossouw sê Suid-Afrika het die punt bereik waar die inperking nou tot ‘n einde moet kom. Hy is ons gas......more2minPlay
April 22, 2020Namibië kan nie werklik voordeel trek nieG20 lande het aangekondig dat hulle ‘n grasie periode vir Afrika-lande wie die jaar meer as 44 miljard Amerikaanse doller moet terugbetaal wil aanbied. Kosmos 94.1 Nuus gesels met Robert McGregor van Cirrus in die hoofstad vir meer hieroor....more2minPlay
April 22, 2020Stad Windhoek verduidelik oor informele markteStad Windhoek sê informele handelaars kan vandag weer hulle bedrywighede hervat. Daar is streng maatreëls in plek in die verband. Maar die stap het hewige kritiek uitgelok - nie net in verband met besighede wat gesluit moet bly nie maar ook met die bekamping van die korona-virus. Harold Akwenye van Stad Windhoek praat met Kosmos 94.1 Nuus......more3minPlay
April 22, 2020Polisie het erge voertuig tekorteDie uitdagings van die Namibiese polisie met voertuie om die inperkingsmaatreëls af te dwing, veral in die verre noorde en noordooste word in verskeie oorde beskryf as ‘n bespotting van die bekampingsmaatreëls teen korona. Ndumba Kamwanyah, ‘n Sosiale en Politieke Ontleder in Namibië sê dit is nie so eenvoudig nie. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus....more3minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.