Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Kosmos 94.1 sorg dat jy daagliks op hoogte bly van nuus en aktuele sake. Hoor dit eerste op Namibië se nommer een.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.
April 16, 2020Calle gesels oor landbouDie Namibiese Minister van Landbou Calle Schlettwein gesels vanoggend oor die landbou in Namibië, die invloed van die inperking en hoe die industrie in die algemeen vaar na die knellende droogte ....more2minPlay
April 16, 2020Staan die DBV byDie Dierebeskermingsvereniging gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Nuus oor die invloed van die inperking op hulle dag tot dag bedrywighede. Sylvia Breitenstein van die vereniging in Windhoek sluit by ons aan....more1minPlay
April 15, 2020Inperking: Moets en moeniesHoof Inspekteur Itetila Shapaka van die Khomas polisie het by die oggendspan aangesluit om te gesels oor die regulasies van die inperking, gevalle van oortreding, gemeenskappe, bepalings volgens wetgewing en meer....more18minPlay
April 15, 2020Chinese ambassadeur geselsDie Chinese ambassadeur in Namibië Zhang Yiming gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Nuus oor korona, kwarantyn en die herlewing van die Chinese ekonomie soos inperkings in daardie land gelig word....more3minPlay
April 15, 2020Plaaslike impak van SARB se besluitDie President van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago sê die verlenging van die staat van inperking in die buurland gaan 'n groot impak op die land se ekonomie hê, en sal verdere werksverliese tot gevolg hê. Dit volg nadat die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee 'n tweede verlaging in rentekoerse van 100 basispunte in minder as 'n maand aangekondig het. Dit bring die repokoers op 4,25 persent te staan. Dr Omu Kakujaha-Matundu van Unam se Ekonomiese Fakulteit gesels....more3minPlay
April 14, 2020OneAfrica loods LearnOnOneOneAfrica begin vandag met sy eerste uitsendings van LearnOnOne op die televisie kanaal. Volgens Stefan Hugo, die Uitvoerende Hoof van OneAfrica het hulle ‘n ooreenkoms met Edugate Academy in Otjiwarongo onderteken om kwaliteit onderwys op afstandsonderrig beskikbaar te stel, veral nou met die inperkingsperiode. Hy sluit by ons aan....more2minPlay
April 14, 2020Thieme gesels oor kreatiwiteit en impak van koronaDie ekonomie is op almal se lippe met die inperking in die land wat tot op hede, Vrydagnag sal eindig. Daar is kommer oor werksverliese en ‘n verdere inkrimping wat groei en geleenthede verder kan belemmer. Sven Thieme, die President van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Nuus hieroor....more3minPlay
April 14, 2020Balans tussen gesondheid en ekonomieDaar is internasionaal voorspellings dat 125 miljoen mense hulle werk kan verloor as gevolg van die invloed van die inperking op lande wêreldwyd en dat meer as 2 miljard mense die impak van die inperkings ekonomies beleef. Daan Strauss, die Sekretaris Generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging sluit vanoggend by ons aan....more2minPlay
April 09, 2020Floris Bergh gesels stimuluspakketTerwyl daar groot kritiek is teen die Namibiese regering het hulle vinniger gereageer op die korona-krisis, veral met die stimuluspakket, as byvoorbeeld Suid-Afrika se regering wat steeds geen hulp aangebied het nie. Die Hoof Ekonoom by Capricorn Asset Management, Floris Bergh sê veral die BTW uitbetalings sal groot verligting bied vir besighede in die land tydens die inperking. Hy is ons gas....more3minPlay
April 09, 2020Hoof van verkeer gesels verkeer....Adjunk Kommissaris Amalia Gawanas, die Hoof van die Verkeersafdeling van die Namibiese polisie gesels met die oggendspan....more8minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.