Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Kosmos 94.1 sorg dat jy daagliks op hoogte bly van nuus en aktuele sake. Hoor dit eerste op Namibië se nommer een.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.
May 14, 2020Korona: Veganisme is moontlik, en maklikKorona het ‘n bespreking rondom vleis as voedselbron gebring omdat die virus na bewering in ‘n dieremark in China ontstaan het. Toni Brockhoven die Voorsitter van Beauty without Cruelty in Suid-Afrika gesels vanoggend oor hoe ons ons ekonomie, en leefstyl kan aanpas om ‘n meer diere-vriendelike wêreld kan skep......more3minPlay
May 14, 2020Terreur het nie afgeneem nie, meen kennerDit wil voorkom of terreurgroepe se aktiwiteite afgeneem het tydens die pandemie. Onbevestigde berigte lui dat ISIS sy lede uit Europa onttrek het toe die virus ‘n werklike uitdaging geword het en Sirië het ook op die oomblik sy eie Covid-19 uitdagings... Jasmine Opperman, 'n kundige oor terreur in Suid-Afrika is ons gas......more3minPlay
May 13, 2020Namibiese jag-model baie beter as SA sin....Die Suid-Afrikaanse jag- en wildbedryf is volgens berigte op die rand van ineenstorting as gevolg van inperkings oor die korona-pandemie. Namibië het wel sy uitdagings maar die probleme hier is nie so intens soos in die buurland nie. Kosmos 94.1 Nuus gesels met Dr Chris Brown van die Namibiese Kamer van Omgewingsake oor die voordele van die Namibiese benadering en die toekoms van die jagbedryf in die land....more4minPlay
May 13, 2020Kom net padreëls naMet die landswye fase een van die inperking wat gelig is, het motorongelukke en sterfgevalle amper onmiddellik toegeneem. Die Senior Bestuurder vir Ongeluk- en Besering voorkoming by die Namibiese Motorvoertuig Ongelukke Fonds, oftewel die MVA, Sidney Boois meen dit gaan oor die nakoming van die reëls van die pad. Hy gesels vanoggend meer breedvoerig met ons hieroor....more2minPlay
May 13, 2020Sport staan stil....Agnes Tjongarero, die Namibiese Minister van Sport sluit by ons aan om te gesels oor die uitdagings wat sport in die land op die oomblik die hoof moet bied.... Alle byeenkomste is hier en wêreldwyd beperk en atlete gaan gebuk onder ‘n tekort aan inkomste sowel as onsekerheid oor die toekoms.......more2minPlay
May 11, 2020Arbeidskenner praat oor afdankingsAantygings van afleggings gebaseer op ras tydens die inperking bly in die nuus. Beide die Sekretaris Generaal van die Vakbond Kongres van Namibië, Mahongora Kavihuha, en die Uitvoerende Direkteur van die Namibiese Ministerie van Arbeid, Bro-Mathew Shinguadja het oor die naweek gesê dit was ‘n sameswering om van swart werkers ontslae te raak... Die Namibiese Arbeidskonsultant Herbert Jauch is ons gas....more3minPlay
May 11, 2020Drankverbod - goed of sleg?Daar is talle menings oor die verbod op alkohol verkope in Namibië tydens die inperking. Die verbod is verleng tot begin Junie en ons gesels met Charlemaine Husselmann van Lifeline/Childline oor die kwessie....more4minPlay
May 11, 2020Rhino Run & Ride is aan!Die RMB Brandberg Rhino Run and Ride sal voortgaan en is geskeduleer vir 5 en 6 Junie. Die byeenkoms skep bewustheid van bewaring en samel fondse in vir die Namibiese renoster bevolking. Daar is reeds 13 renosters die jaar gestroop. Nico Scholtz, een van die organiseerders van die geleentheid, gesels meer breedvoerig hieroor......more3minPlay
May 08, 2020Die A - Z van maskersHoof Inspekteur Itetila Shapaka gesels met Jean Louis oor al die moets en moenies oor gesigmaskers........more15minPlay
May 08, 2020Alle oë op Shiimi met begroting....Die Namibiese begroting die jaar word beskryf deur kenners as die interessantste ooit met die uitdagings van Covid-19 en die afgelope jare wat groot ekonomiese uitdagings gebied het. Olivia Nghaamwa, ‘n Belastingbestuurder by Deloitte Namibië is ons gas vir meer hieroor......more2minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.