Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Die 16:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Pat Cummins onder druk na Bancroft se skuurpapier-onthullings
    Krieket: Australië se kaptein, Pat Cummins, is onder toenemende druk nadat die gewese bouler Cameron Bancroft sy gewese spanmaat Usman Khawaja se weergawe van 2018 se skuurpapier-skandaal in Suid-Afrika bevestig het. Bancroft het die bal geskuur tydens die tweede toets in Gqeberha en die derde toets op Nuweland, en sê die hele span het geweet. Hy is vir nege maande geskors, en bevraagteken Cummins se geloofwaardigheid nadat hy dit heftig ontken het. Bancroft is bly hy kon uiteindelik sy hart oopmaak:
    1 min
  • Gebruik regeringsinligtingsentrums in gemeenskappe: adjunk-minister
    Die adjunk-inligtingminister, Wenzel Kavaka, moedig streek- en plaaslike raadslede aan om regeringsinligtingsentrums te benut om ontwikkelings in hul gemeenskappe bekend te stel. Hy sê leiers moet ook streekplatforms en Facebook gebruik om inwoners oor vooruitgang in hul kiesafdelings en dorpe in te lig. Kavaka meen daar moet meer aandag aan positiewe ontwikkelings gegee word, eerder as om hoofsaaklik op geskille soos sandmynbou te fokus.
    1 min
  • Die 15:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Rusland 'hou aan sluipmoordpogings op Zelensky beplan'
    Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, sê Rusland het herhaaldelik sluipmoordpogings op hom beplan, maar hy weier dat dit sy lewe voorskryf. Dit volg op hernude, onbevestigde Russiese nuusberigte oor dreigemente teen Oekraïne se leierskap. Die twee lande sukkel steeds om 'n vredesooreenkoms te bereik om die oorlog te beëindig. Zelensky het in 'n eksklusiewe onderhoud aan NBC News gesê hy sal voortgaan om sy werk te doen ondanks die sluipmoord-bedreigings:
    1 min
  • Nuwe forum vra leier-vroue moet ander vroue mentor
    Die Namibia Women’s Forum doen ’n beroep op vroue in leiersposisies om ander vroue te mentor en meer aandag aan doelbewuste leierskap en geesteswelstand te gee. Die forum, wat deur geslagsgelykheid- en kinderwelsyn-minister Emma Kantema, van stapel gestuur is, wil vroue en meisies ondersteun deur ervarings uit te ruil en openhartige gesprekke te bevorder.
    1 min
  • Die 14:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Sibeya: Howe moet minderheidsregte beskerm
    Hoërhofregter Orben Sibeya sê die howe het ’n grondwetlike plig om die regte van minderheidsgroepe te beskerm, selfs wanneer dit teen die meerderheid se mening indruis. Hy verwys na die baanbrekende Digashu-uitspraak van 2023, wat die erkenning van selfde-geslaghuwelike wat in die buiteland voltrek is, betref. Sibeya beklemtoon dat die Parlement nie wetgewing mag aanvaar wat grondwetlike regte ondermyn nie. Hy is een van drie regters wat onderhoude voor die Regterlike Dienskommissie ondergaan vir twee vakante poste in die Hooggeregshof.
    1 min
  • Uitvoer van vee na Mauritius was wettig – ministerie
    Die landbouministerie sê die onlangse uitvoer van 6 294 stuks vee na Mauritius, ondanks die uitbreking van bek-en-klouseer, het aan bestaande veeartsenykundige regulasies voldoen. Geen spesiale vrystelling is toegestaan nie. Woordvoerder Romeo Muyunda sê die diere is reeds aangekoop voordat bek-en-klouseer op 23 September in die //Kharas-streek uitgebreek het. Hy sê uitvoere na ander bestemmings is steeds moontlik, mits die betrokke veeartsenykundige vereistes nagekom word. Die ministerie beklemtoon dat die beperkings nie alle uitvoere van lewende hawe verbied nie.
    1 min