Drie Höerhof-regters is genomineer vir aanstellings by die Hooggeregshof, waar twee poste gevul moet word. Die openbare onderhoude is vir Donderdag in Windhoek geskeduleer. Regters Hannelie Prinsloo, Thomas Masuku en Orben Sibeya sal vanaf nege-uur die oggend voor die Regterlike Dienskommissie by die Hooggeregshof verskyn. Die woordvoerder van die regbank, Vikitoria Hango, sê lede van die publiek word, in die belang van deursigtigheid, uitgenooi om die verrigtinge by te woon.