Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Op'ie Kantlyn, 18 November 2026
    Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
    5 min
  • Die 18:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Tree op teen toenemende skoolverlatings, NV
    PDM-LP parlementslid Rosa Mbinge-Tjeundo het ’n mosie in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê waarin sy dringende optrede eis om die toenemende aantal kinders wat die skool verlaat of nooit by die onderwysstelsel ingeskryf word nie, aan te spreek. Mbinge-Tjeundo het vanmiddag tydens haar toespraak in die Parlement haar kommer uitgespreek oor die 13 450 leerders wat na bewering in 2025 die skool verlaat het. Sy het armoede, kinderarbeid en tienerswangerskappe uitgesonder as van die vernaamste faktore wat kinders uit die klaskamers hou.
    1 min
  • Jeug moet deelneem aan ekonomie vir groei: NNN
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah het tydens die eerste Nasionale Jeughandelsforum beklemtoon dat 71,1 persent van Namibiërs jonger as 35 is. Sy het verwys na die Jeugfonds van 257 miljoen dollar, aangevul deur 165 miljoen dollar van Namfisa, wat reeds 700 werksgeleenthede geskep het. Sy het jong entrepreneurs aangemoedig om beskikbare ekonomiese geleenthede te benut en hul ondernemings internasionaal uit te brei.
    1 min
  • Trofeejagters hou streng by BKS-beheermaatreëls: Napha
    Die trofee- en sportjagseisoen eindig op 30 November, en die Namibiese Professionele Jagtersvereniging wag op finale syfers om die volle impak van bek-en-klouseer op jagtergetalle te bepaal. Kristin Maritz van Napha sê hoewel die land oopgebly het vir jag, het die uitbreking streng veeartsenykundige beheermaatreëls, kwarantyn en bykomende dokumentasie vir die vervoer en uitvoer van trofeë vereis. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Dank beamptes af wat olieprojekte kan vertraag, sê kenner
    Die Afrika-energiekamer het gewaarsku dat regulatoriese- en beleidsvertragings Namibië se oliemomentum kan strem, en beleidsontleder Marius Kudumo is van mening dat voortslepende rompslomp beteken dat amptenare nie hul werk behoorlik doen nie. Hy verwys na die rol van instellings soos die Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur, of Nipam, en vra vir streng aanspreeklikheidsmaatreëls. Dit sluit in die afdanking van staatsamptenare of ministers wat swak presteer. Kudumo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Student prys Vereniging van Uitsaai-veterane vir opleiding
    Die Vereniging van Uitsaai-veterane het sy jaarlikse konferensie onder die tema “Die Pad Vorentoe” in Windhoek afgesluit. Die geleentheid het ook erkenning gegee aan Unam-studente wat die afgelope jaar die vereniging se kursus in uitsaaiwese suksesvol voltooi het. Een van die studente, Rozario Zaahl, ’n finalejaar-mediastudent, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • Die 16:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min