Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • SA inflasie styg tot 5,2% in Oktober
    Statistiek Suid-Afrika sê verbruikersinflasie het in Oktober skerp gestyg tot 5,2-persent vergeleke met 4,5-persent in September. Dis die hoogste inflasiekoers in byna twee-en-'n-half jaar, wat grootliks deur die stygende brandstofprys veroorsaak is. Jaarlikse brandstof-inflasie het tot 42,9-persent gestyg terwyl vervoer-inflasie 15,2-persent bereik het. Voedsel-inflasie het ook die derde agtereenvolgende maand toegeneem, tot 1,4-persent. Ricado Johnson van Statistiek Suid-Afrika sê die prys van uie het die afgelope jaar met meer as 53-persent gestyg:
    1 min
  • Groot kernkragtoets-veldoefening 'n dawerende sukses
    Die 2026-geïntegreerde veldoefening van die Omvattende Kernkragtoetsverbod-verdragsorganisasie, oftewel CTBTO, in die Erongo-streek het sy tegniese afsluitingseremonie gehou. Sowat 250 internasionale wetenskaplikes en kundiges woon die oefening by, wat van 10 Oktober tot 20 November plaasvind. Die doel is om tegnologie vir inspeksies ter plaatse, operasionele vermoëns en verifikasieprosedures te toets. Magdalena Shipiki, medevoorsitter van die Interministeriële Komitee vir IFE 2026, gee meer besonderhede:
    1 min
  • Die 15:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Cosatu steun R60 miljard-hofsaak teen groot SA banke
    Die vakverbond Cosatu sê hy ondersteun ʼn klas-aksie-hofsaak van 60-miljard Suid-Afrikaanse rand teen Suid-Afrika se vier grootste banke. Die voortslepende sake gaan oor bewerings dat Absa, Standard Bank, FirstRand Bank en Nedbank teruggeneemde huise teen baie minder as markwaarde verkoop het, wat die gewese eienaars aansienlike verliese laat ly het. Volgens berigte word meer as 100 000 huiseienaars geraak. Die banke ontken dat hulle verkeerd opgetree het. Cosatu-woordvoerder, Matthew Parks:
    1 min
  • Padveiligheid in fokus by Mururani-verkeerskontrolepunt
    Kavango-Wes-goewerneur Verna Sinimbo het die streeksforum vir padveiligheid en die 2026/2027-feesseisoenoperasies amptelik by die Mururani-verkeerskontrolepunt van stapel gestuur. Die inisiatief is daarop gemik om padongelukke, sterftes en misdaad gedurende die feestyd te bekamp. Verskerpte patrollies sal veral langs die B8-roete uitgevoer word. Dit volg nadat die streek sedert Januarie 262 padongelukke, 16 sterftes, 85 beserings en 54 gevalle van dronkbestuur aangeteken het. Sinimbo waarsku motoriste teen roekelose verbysteek en bestuur onder die invloed van drank.
    1 min
  • Die 14:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Ebola-gevalle in DRK verdubbel binne drie maande
    Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo het binne drie maande meer as verdubbel en kinders word die ergste geraak. Meer as elf-duisend gevalle en vyf-duisend-400 sterftes is reeds aangemeld. Meer as ʼn kwart van die bevestigde gevalle en ʼn derde van die sterftes is kinders, en meer as sewe uit tien kinders jonger as vyf is dood. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Ghebreyesus, sê hulle maak vordering, onder meer om vinnige oordrag in die meeste van die vroeë brandpunte te keer:
    1 min
  • WTO-hoof spoor jong Namibiërs aan om digitale geleenthede te benut
    Tydens Namibië se eerste Nasionale Jeughandelsforum het die direkteur-generaal van die Wêreldhandelsorganisasie, Ngozi Okonjo-Iweala, jong Namibiërs aangemoedig om digitale handel en aanlyn dienste te benut om hul eie werksgeleenthede te skep. Met 'n groot meerderheid van Namibië se bevolking jonger as 35, sê sy jongmense moet nie net op werks-geleenthede in die staatsdiens wag nie, maar ook hul eie ondernemings en inkomste-geleenthede ontwikkel. Sy het ook 'n beroep op leiers gedoen om bekostigbare internettoegang uit te brei en jong entrepreneurs te ondersteun wat hul produkte en dienste internasionaal wil bemark.
    1 min
  • 13:00 Hoofnuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    6 min
  • Dangote Project Could Create Major Opportunities for Namibians
    The planned Dangote energy megaproject could provide a significant boost to Namibia’s economy, creating potential opportunities for local businesses, contractors and skilled workers. However, questions remain about how many Namibians will actually benefit from the project. Dirk van Schalkwyk, Executive Director of Welwitschia Services Group, says local businesses and professionals must be involved in the project’s implementation from the outset. He shared his views with Kosmos 94.1 News.
    1 min