Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Mapisa-Nqakula-verhoor gaan op 23 November slotbetoë aanhoor
    Die Hooggeregshof in Pretoria het die verhoor van die voormalige minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, wat handel oor korrupsie en geldwassery, tot 23 November uitgestel vir die lewering van slotbetoë. Die verdediging het sy saak gesluit het na sy vierde getuie, Mapisa-Nqakula se voormalige persoonlike assistent, Zukiswa Mahabeni, getuig het. Die woordvoerder vir die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Henry Mamothame, sê die voormalige minister staan tereg op 12 aanklagte van korrupsie en een aanklag van geldwassery. Sy het onskuldig op al die aanklagte gepleit.
    1 min
  • Mikroleners word toenemend 'n oorlewingsmiddel vir Namibiërs
    Mikrolenings het vir baie werkende Namibiërs 'n noodsaaklikheid geword eerder as 'n manier om ekstra geld vir luukshede te bekom. Volgens nuwe navorsing van Cirrus Capital moet ongeveer die helfte van alle werkende mense in die land op mikroleners staatmaak om kop bo water te hou. Ekonoom Ida Williams sê die aantal geregistreerde mikroleners het in sowat drie jaar met byna 83 persent toegeneem. Sy waarsku dat die groeiende afhanklikheid van korttermynlenings op groter finansiële druk op huishoudings dui.
    1 min
  • 10h00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • 09:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • SA ekonoom voorspel versigtige rentekoersbesluit te midde van kommer oor inflasie
    'n Ekonoom by Sanlam Beleggings, Patrick Buthelezi, verwag die Suid-Afrikaanse Reserwebank sal rentekoerse onveranderd laat wanneer sy Monetêre Beleidskomitee Donderdag vergader. Die bank sal waarskynlik 'n versigtige houding teenoor inflasie handhaaf. Volgens Buthelezi het die konflik in die Midde-Ooste wêreldwye energiekoste opgestoot, wat bykomende druk op inflasie plaas. Hy waarsku 'n verdere rentekoersverhoging van 0,25-persentasiepunte is steeds moontlik indien inflasieverwagtinge hoog bly:
    1 min
  • 08:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Regering en WVP teken N$289 miljoen-ooreenkoms vir voedselsekerheid
    Die regering en die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram het 'n ooreenkoms van 289 miljoen Namibiese dollar onderteken om voedselsekerheid, voeding en maatskaplike beskerming oor die volgende vier jaar te versterk. Die uitvoerende direkteur van die Nasionale Beplanningskommissie, I-Ben Nashandi, sê die vennootskap kom terwyl die land met hoë jeugwerkloosheid, armoede en voedingsuitdagings worstel. Die ooreenkoms ondersteun die Wêreldvoedselprogram se strategiese plan vir 2025 tot 2029.
    1 min
  • McKenzie eis dat sportfederasies atlete befonds
    Die Suid Afrikaanse minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, sê sportfederasies moet verantwoordelikheid aanvaar vir die befondsing van atlete wat internasionaal meeding. McKenzie het aan die media gesê federasies moet geld insamel deur middel van borgskappe en ander bronne, in plaas daarvan om hoofsaaklik op staatsbefondsing staat te maak. Hy het bygevoeg daar kan nie van die departement verwag word om al die onkoste om atlete na internasionale kompetisies te stuur, te dek nie:
    1 min
  • Welwitchia Universiteit en VN span saam oor gesondheidsopleiding
    Welwitchia Universiteit en die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds, UNFPA, het 'n vennootskap aangegaan om gesondheidsopleiding, geslagsgelykheid en seksuele en reproduktiewe gesondheid te bevorder. Die samewerking sal studente in verpleegkunde, verloskunde en maatskaplike werk meer praktiese blootstelling bied, met fokus op onder meer geslagsgebaseerde geweld en geestesgesondheid. Welwitchia se visekanselier, Sifiso Nyathi, sê die ooreenkoms sal akademiese opleiding sterker met gemeenskapsbehoeftes verbind.
    1 min
  • Mashatile vra vir groter Afrika deelname aan wêreldwye KI-ekonomie
    Die Suid Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile sê Afrika moet verder beweeg as om slegs 'n verbruiker van kunsmatige intelligensie te wees en 'n aktiewe rolspeler in wêreldwye KI-ekonomie word. Mashatile het tydens die 29ste tegnologiefees, die Africa Tech Festival in Kaapstad die behoefte aan doelgerigte beleggings, vennootskappe en vernuwing beklemtoon. Hy het internasionale verbinding, digitale infrastruktuur, die bemagtiging van kleinsake-ondernemings en betroubare KI uitgelig. Mashatile vra Afrikalande om beleidsverpligtings in dade om te sit ten einde inklusiewe digitale transformasie te verseker:
    1 min