Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Diefstal en vandalisme kos Telecom Namibia duisende dollars
    Telecom Namibia sê 'n vlaag diefstal en vandalisme teiken kritieke telekommunikasie-infrastruktuur in Oshakati, Ongwediva en Ondangwa. Verskeie terreine is onlangs binnegedring, met toerusting wat gesteel en infrastruktuur wat beskadig is. Die maatskappy sê herstel- en vervangingswerk kos gemiddeld sowat 100-duisend Namibiese dollar per terrein. Die skade kan ook dienslewering ontwrig en kliënte sonder noodsaaklike kommunikasiedienste laat. Telecom Namibia-woordvoerder Ndapewa Neshila het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • 07:00 Hoofnuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Swem: SA Minister van Sport vra vir ondersoek na Swem SA se behandeling van Tatjana Smith
    Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee versoek om Swem Suid-Afrika te ondersoek oor die behandeling van die Olimpiese kampioen Tatjana Smith. Hy het die federasie gekritiseer omdat hulle haar beboet en haar prysgeld van 2023 se Wêreldkampioenskap teruggehou het te midde van 'n borgskapgeskil, ondanks 'n gebrek aan 'n getekende borgskapsooreenkoms met Arena of 'n tugverhoor. Hy het Smith ook om verskoning gevra:
    1 min
  • NTN voeg vertonings van Lammie Beukes-produksie by
    Die Nasionale Teater van Namibië (NTN) het bykomende vertonings van die Afrikaanse teaterproduksie oor Lammie Beukes aangekondig, weens belangstelling in die stuk. Die produksie sal aanvanklik op 27 en 28 November in Lüderitz opgevoer word, met verdere vertonings van 3 tot 5 Desember. Die stuk ondersoek temas soos moederskap, gesinsverhoudings en die maatskaplike druk waarmee vroue te kampe het. NTN-woordvoerder Desiree Mentor het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • Woensdag, 18 November 2026
    Broodgeld, en nie geld vir 'n lekker leefstyl nie, is hoekom Namibiërs in hul hordes mikroleners toe hardloop en hoekom die mikrolenersbedryf uit sy nate uit bars. Cirrus Capital-ekonoom Ida Williams het die kwellende kwessie nagevors en gesels vanoggend met KosmosKapitaal.
    2 min
  • Boere eis groter verteenwoordiging op bek-en-klouseer-taakspan
    Die Namibiese Nasionale Boere-unie doen 'n beroep op beter konsultasie en ses verteenwoordigende setels op die nasionale bek-en-klouseer-taakspan. Die unie sê kommunale boere besit 81 persent van die land se beeste en 55 persent van sy bokke, maar word nie voldoende by besluitneming betrek nie. Die NNFU waarsku dat boere se lewensbestaan ernstig geraak word deur veebewegingsbeperkings en probleme met toegang tot markte. Die unie vra ook vir 'n herevaluering van die Rooilyn, groter deursigtigheid oor uitbrekings en die hervatting van befondsing vir ontbossingswerk.
    1 min
  • EIF ontken bewerings oor koste van Kunene-groenskemas
    Die Omgewingsbeleggingsfonds, EIF, verwerp bewerings dat die koste van die Warmquelle- en Khowarib-groenskemas in die Kunene-streek tot 65 miljoen Namibiese dollar gestyg het. PDM-president McHenry Venaani het kommer uitgespreek oor moontlike finansiële wanbestuur en eis aanspreeklikheid oor die besteding van fondse en voordele vir plaaslike gemeenskappe. EIF-woordvoerder Nicole van Wyk sê die oorspronklike rehabilitasiekontrak is in 2020 vir 32 miljoen Namibiese dollar toegeken en dat dié kontrak steeds van krag is.
    1 min
  • 06:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Rassie Erasmus vir ses toetse geskors
    Wêreldrugby het Springbok-afrigter Rassie Erasmus onmiddellik vir ses toetswedstryde geskors ná omstrede uitsprake oor skeidsregters se optrede in hul nasieskampioenskap-toets teen Frankryk, en Ierland se toets teen Fiji. SA Rugby het reeds ’n formele wangedragverhoor teen Erasmus aangevra. Wydlopende reaksie word uit die rugbywêreld ontvang, en Brenden Nel van Supersport het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min