Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Parlementêre ondersoek na Sokkervereniging se finansies
    'n Mosie dat die Namibiese Sokkervereniging deur die parlement ondersoek word na die Brave Warriors se omstrede besoek aan Kameroen, is ter tafel gelê. Die nasionale span was by hul hotel gestrand weens ’n uitstaande verblyfrekening van ongeveer 320 000 Namibiese dollar. Dit kom midde berigte oor onbetaalde spelerstoelae en bonusse van sowat 620 000 dollar. Die Republikeinse Party-LP, Mathias Mbundu, vra dat die aangeleentheid bespreek word, terwyl hy die vereniging se finansiële bestuur bevraagteken.
    1 min
  • Op'ie Kantlyn, 17 November 2026
    Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
    4 min
  • Die 18:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • JD Vance 'nie haastig' om as VSA-president te staan
    Visepresident JD Vance van Amerika gaan êrens in volgende jaar besluit of hy in 2028 vir president gaan staan. ʼn Onlangse YouGov/Economist-peiling wat voor die middeltermynverkiesing gedoen is, het bevind 40-persent van deelnemers sal hom waarskynlik steun om as Republikeinse kandidaat benoem te word. Ander moontlike kandidate sluit in die minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, en senator Ted Cruz. Vance het aan Fox News gesê hy is nie haastig om te besluit nie:
    1 min
  • Mikro-kwalifikasies 'kan die jeug bevoordeel'
    Deelnemers aan die Namibiese Kwalifikasie-owerheid se konsultasie oor die Nasionale Beleid oor Mikro-kwalifikasies het kommer uitgespreek oor die implementering daarvan, veral wat taalhindernisse, praktiese assesserings en nasionale erkenning betref. Die goewerneur van Kavango-Wes, Verna Sinimbo, sê kort, praktiese kursusse kan jongmense met vaardighede toerus waarvoor daar ’n mark is, soos drupbesproeiing en kleinsakebestuur:
    1 min
  • Net 5 uit 34 streeks- en plaaslike owerhede verskaf openbare inligting
    'n Nuwe verslag van die Instituut vir Openbare Beleids-navorsing, getiteld Transparency at Risk, wek kommer oor deursigtigheid en toegang tot openbare inligting by streeks- en plaaslike owerhede. Dit toon dat slegs vyf uit 34 streeks- en plaaslike owerheids-rade aan die vereistes van die Wet op Toegang tot Inligting kan voldoen. Die verslag wys ook op ernstige tekortkominge in die openbaarmaking van tenders, finansiële state en jaarverslae. Kosmos 94.1 Nuus het met IPPR-navorser Frederico Links gesels:
    1 min
  • Laat veeveilings toe, en water soek vir vee, vra Venaani
    PDM-president McHenry Venaani doen ’n beroep op die regering om die beweging van diere toe te laat en veeveilings dringend, al is dit net gedeeltelik, te heropen om boere te help wat onder voortslepende droogtetoestande gebuk gaan. Tydens ’n perskonferensie het Venaani gesê die bek-en-klouseer uitbreking in die //Kharas-streek blyk tot ’n mate onder beheer te wees. Hy meen dit maak dit noodsaaklik dat die regering die beperkings op veeveilings heroorweeg.
    1 min
  • Welwitschias XV, sewesspan bekend vir Recklessbear Barbarians
    Die Namibië Rugby-unie het die Welwitschias se 15-tal- en sewesrugby-spanne aangekondig wat môre en Vrydag teen die Recklessbear Barbarians by die Hage Geingob-stadion in Windhoek te staan sal kom. Ondersteuners kan uitsien na ’n aand van sowel sewes- as 15-talrugby. Die sewes-wedstryd skop om ses-uur af, gevolg deur die Welwitschias XV-wedstryd om sewe-uur. Die Welwitschias se kaptein, Danco Burger, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
    1 min