Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Gemengde reaksies oor Robert Pattinson as nuwe James Bond
    Die aankondiging van die Britse akteur Robert Pattinson as die nuwe James Bond lok wyd uiteenlopende reaksies. Hy neem die ikoniese 007-rol by Daniel Craig oor in die volgende Bond-rolprent. Die bekende Suid-Afrikaanse rolprentresensent Leon van Nierop het sy reaksie op Pattinson se aanstelling só aan Kosmos 94.1 Nuus opgesom:
    2 min
  • Ramaphosa kritiseer Amerikaanse beleid teen SA wat op waninligting gegrond is
    Die Suid Afrikaanse president Cyril Ramaphosa sê dis jammer sy Amerikaanse ampsgenoot, Donald Trump, se geloof in 'n wit volksmoord, wat wyd in twyfel getrek word, onderstreep Washington se benadering tot Suid-Afrika. Hy het gepraat op die Semafor-kunsmatige intelligensie-geleentheid in Silicon Valley, Kalifornië. Die Trump-administrasie kritiseer Suid-Afrika se binnelandse beleid, insluitend swart ekonomiese bemagtiging, grondhervorming en -onteiening, en gesprekke rondom minderheidsgroepe. Ramaphosa sê die uitdagings tussen die lande moet opgelos word deur betrokkenheid en dialoog:
    1 min
  • Twyfel oor Namibia Air se beplande bekendstelling
    Namibia Air is in 'n wedloop teen tyd, met minder as twee weke oor voor sy beplande bekendstelling in die eerste week van Desember. Daar is toenemende vrae oor of die nuwe nasionale lugredery betyds gereed sal wees, te midde van onsekerheid oor die verkryging van vliegtuie en uitstaande regulatoriese vereistes. IPC se skadu-minister van Werke en Vervoer, Nelson Kalangula, sê die tydlyn is onrealisties. Hy waarsku dat die gejaag om die proses af te handel passasiersveiligheid in gevaar kan stel.
    1 min
  • Polisie weerlê bewerings oor noodlottige Havana-skietvoorval
    Die Namibiese polisie se woordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, het bewerings op sosiale media oor die noodlottige skietvoorval by die Havana-vierrigtingstop in Windhoek weerlê. Die 30-jarige Petrus Nghiyalwa is tydens die voorval doodgeskiet. Volgens voorlopige polisie-ondersoeke het Nghiyalwa en ’n medepligtige glo twee mans met vuurwapens en ’n mes probeer beroof, waarna een van die slagoffers hom na bewering uit selfverdediging geskiet het. Shikwambi doen ’n beroep op die publiek om enige klagtes oor polisiewangedrag formeel by die Kantoor van die Inspekteur-generaal aan te meld. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • 12:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Vyf EU-lande gaan van volgende jaar af afgekeurde asielsoekers na Rwanda deporteer
    Duitsland, Oostenryk, Nederland, Denemarke en Griekeland het planne aangekondig om die Europese Unie se eerste “terugstuur-sentrum” in Rwanda te vestig. Dis ʼn poging om onwettige migrasie te bekamp en smokkelaars se sakemodel te vernietig. Die toets-skema sal van toepassing wees op migrante wat onwettig in die vyf nasies woon met deportasie-bevele teen hulle. Hulle kan by die Rwandese samelewing inskakel of na hul tuislande terugkeer. Die Deense eerste minister, Mette Frederiksen, beskryf die skema as ʼn deurbraak:
    1 min
  • Zambezi-streekraad stel nuwe vyfjaarplan bekend
    Die Zambezi-streekraad het ’n nuwe vyfjaar-strategiese plan en Kliëntedienshandves bekend gestel om ontwikkelingsprioriteite, deursigtigheid en aanspreeklikheid te bevorder. Waarnemende hoofstreekbeampte, Sylvester Simwanza, sê die sukses daarvan sal afhang van werknemers en belanghebbendes se toewyding om dié planne in tasbare resultate te omskep.
    1 min
  • 11:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Masemola veroordeel jongste massaskietvoorvalle
    Die Suid Afrikaanse nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, beskryf die voortslepende massa-skietvoorvalle as onaanvaarbaar. Suid-Afrika het vanjaar 14 groot massaskietvoorvalle gehad waarin 116 mense dood en 56 beseer is. In die jongste voorval is agt mense in Sweetwaters naby Pietermaritzburg dood, en nege ander in die Jeffsville-nedersetting in Atteridgeville, Pretoria. Masemola sê die moorde plaas die kollig op die vernietigende uitwerking van geweldsmisdaad en die toename van onwettige vuurwapens in gemeenskappe:
    1 min
  • Sintana Energy begin op Namibiese Effektebeurs verhandel
    Die Kanadese energiemaatskappy Sintana Energy het sy debuut op die Namibiese Effektebeurs se ontwikkelingskapitaalbord gemaak, met sy aandeel wat op die eerste verhandelingsdag teen drie dollar en 97 sent gesluit het. Die maatskappy se belangrikste belegging is in die belowende Mopane-olie- en gasontdekkingsgebied, waar dit deur Custos Energy 'n effektiewe belang van 4,9 persent hou. TotalEnergies en Galp besit elk 40 persent van die blok, met TotalEnergies as operateur. Sintana se uitvoerende hoof, Robert Bose, sê bedrywighede by Mopane gaan die komende maande aansienlik toeneem.
    1 min