Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Nasorg ná tronkvrylating noodsaaklik om misdaad te voorkom
    Kenners beklemtoon dat rehabilitasie verder as die tronkhekke moet strek deur middel van nasorgprogramme in gemeenskappe en deurlopende ondersteuning. Die hoof van Unam Cares, Rachel Freeman, sê indien vrygelate gevangenes na armoede, werkloosheid of sosiale uitsluiting terugkeer, die risiko van herhaalde oortredings hoog is, ongeag die sukses van rehabilitasieprogramme binne die gevangenis. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • 07:00 Hoofnuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    6 min
  • Dinsdag, 17 November 2026
    In jou finansiële nuus vanoggend: Namibiërs kan nou in 'n stukkie van die plaaslike soektog na olie belê met Sintana Energy wat op die Namibiese Effektebeurs noteer het. Ons kry 'n kykie in Mopane, wat indirek 'n stukkie van Mopane besit. En ons gesels swaarvoertuie, wat soos soetkoek verkoop.
    4 min
  • Cran wil jong Namibiërs se toegang tot KI-ekonomie uitbrei
    Cran prioritiseer breërbanduitbreiding en bekostigbare internet om meer jong Namibiërs toegang tot die kunsmatige intelligensie-ekonomie te gee. Die sektor kan na raming oor die volgende dekade meer as 3,5 miljard dollar tot Namibië se ekonomie bydra. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano sê die plan sluit ook tegnologie-spilpunte, e-dorpies en sterker kuberveiligheid in.
    1 min
  • Tegniese fout by Amerikaanse bankreus ontwrig betalings
    Fox News berig dat ’n tegniese fout by die Amerikaanse bankreus JPMorgan Chase Maandag betalings en aanlyndienste vir talle kliënte ontwrig het. Sommige kliënte van ander banke, waaronder Bank of America en Wells Fargo, is ook deur betalingsvertragings geraak wanneer hulle transaksies met Chase gedoen het. Chase skryf die probleme toe aan ’n sagtewarefout in sy interne stelsels en sê dit was nie ’n kuberaanval nie. Die bank het intussen bevestig dat dienste herstel is.
    1 min
  • Bek-en-klouseer plaas Meatco se noordelike bedrywighede onder druk
    Meatco se bedrywighede in die Noordelike Gemeenskaplike Gebiede voel ook die finansiële impak van die bek-en-klouseer-uitbreking. Uitvoerende hoof, Thimotheus Kativa, sê die noordelike bedrywighede is grootliks van finansiële steun uit die suide afhanklik, maar dié subsidie het aansienlik afgeneem weens die verlies aan uitvoermarkte. Noordelike boere ontvang tans sowat 54 dollar per kilogram vir hul beeste, teenoor tot 78 dollar in die suide. Die regering het 50 miljoen dollar vir ’n Prysvereffeningsfonds bewillig om die prysgaping te help oorbrug, maar die fonds is nog nie in werking nie.
    1 min
  • Sekuriteitswerkers se minimumloon styg tot N$18 per uur
    Die Nasionale Forum vir Sekuriteit en Wetstoepassing doen ’n beroep op staatsinstellings, private maatskappye en ander kliënte van sekuriteitsdienste om voor te berei vir die nuwe minimumloon van 18 Namibiese dollar per uur vir sekuriteitswerkers vanaf 1 Januarie 2027. Die forum se waarnemende administrateur, Celeste Mhunduru, sê sekuriteitskontrakte moet voorsiening maak vir lone, statutêre werkgewerbydraes, oortydbetaling, bedryfskoste en werknemersveiligheid.
    1 min
  • IPC eis antwoorde ná drie werkers se dood
    Die IPC vra vir onafhanklike ondersoeke na die dood van drie werkers in Sibbinda, Windhoek en Swakopmund. In Windhoek is ’n werker dood nadat ’n plank op hom geval het terwyl hy dit verwyder het, terwyl ’n betonmuur tydens slopingswerk by Swakopmund se munisipale bungalows ineengestort en ’n werker se lewe geëis het. Die IPC se skaduminister van justisie en arbeidsverhoudinge, Elvis Lizazi, sê werkgewers en kontrakteurs wat aan die voorvalle skuldig bevind word, moet vervolg word.
    1 min
  • 06:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min