Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Wes-Kaap stel waterbeperkings in te midde van dalende damvlakke
    Suid-Afrika se minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het waterbeperkings in die Wes-Kaap aangekondig terwyl damvlakke aanhou daal. Huishoudings en ondernemings se waterverbruik word met sewe-persent besnoei, terwyl boere se verbruik met 15-persent verminder. Die provinsie se damme was op 2 November op 72-persent teenoor 84-persent in dieselfde tydperk verlede jaar. Majodina het inwoners, ondernemings en boere gevra om water spaarsamig te gebruik en by die beperkings te hou:
    1 min
  • Kabinetafvaardiging monitor voorgestelde suikerrietprojek by Kalimbeza
    ’n Voorgestelde suikerrietplantasie- en verwerkingsprojek by Kalimbeza in die Zambezi-streek is onder die ontwikkelings wat deur ’n Kabinetsekretariaat-afvaardiging tydens ’n terreinbesoek gemonitor word. Die besoek vorm deel van die Kantoor van die Eerste Minister se moniteringsprogram, wat tot Donderdag duur. Hoof landbouwetenskaplike beampte Roderick Maswabi het die afvaardiging ingelig oor die projekterrein, waterbronne en beplande uitleg.
    1 min
  • Op'ie Kantlyn, 16 November 2026
    Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
    4 min
  • Die 18:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • SA motorbedryf vind nuwe markte in Afrika
    Die ekonoom Duma Gqubule sê Suid-Afrika se motorbedryf vind nuwe markte op die vasteland, met voertuig-uitvoere na Afrika wat verlede jaar met 36,4-persent toegeneem het - van 26 200 tot 35 371 eenhede. Afrika is die bedryf se tweede grootste uitvoerbestemming en verantwoordelik vir motoruitvoere van 49,5-miljard Suid-Afrikaanse rand, hoofsaaklik na die Suider-Afrika-ontwikkelingsgemeenskap. Phakamile Hlubi-Majola van die Motorbedryf-personeelvereniging van Suid-Afrika sê hierdie verskuiwing is belangrik, aangesien uitvoere na Amerika gedaal het ná die instelling van tariewe:
    1 min
  • Namibië 'moet groen-nywerhede van grond af ontwikkel'
    Namibië het ’n unieke geleentheid om homself vir ’n skoner industriële toekoms te posisioneer deur van meet af aan laekoolstofnywerhede te ontwikkel. Die land is gekies om deel te neem aan die Climate Investment Funds se program vir industriële ontkoling, wat toegang tot tot 250 miljoen Amerikaanse dollar aan finansiering kan bied. Die program is daarop gemik om beleggings in skoner nywerhede in sewe lande te bevorder. Daniel Morris, hoof van Skoon Energie by die fonds, sê die inisiatief kan help om die ontwikkeling van skoner nywerhede te versnel. Hy het op die kantlyn van COP31 in Antalya, Türkiye, gepraat.
    1 min
  • Beleide moet in aksie omgesit word: NNN
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah daag ministers in die streek uit om beleidsverpligtinge in konkrete aksie om te sit. Sy sê sterker samewerking is nodig om georuimtelike tegnologie beter te benut, klimaatsverandering aan te pak en natuurlike hulpbronne doeltreffender te bestuur. Haar boodskap is vanoggend deur landbouminister Inge Zaamwani by die 14de ministeriële vergadering van die Streeksentrum vir die Kartering van Hulpbronne vir Ontwikkeling in Swakopmund oorgedra:
    1 min
  • Moenie Stampriet-akwifeer opoffer vir korttermyn-wins: kenner
    Die Economic and Social Justice Trust kritiseer die voorgestelde in situ-loging van uraan in die Stampriet-artesiese bekken en waarsku dat dit die belangrike ondergrondse waterbronne onomkeerbaar kan besoedel. Trustee Herbert Jauch sê water is die grondslag van lewe in ’n droë streek. Hy doen ’n beroep op die regering om die voorsorgbeginsel toe te pas en plaaslike gemeenskappe se reg om nee te sê te respekteer, eerder as om langtermyn-oorlewing ter wille van korttermynwins vir maatskappye op te offer.
    1 min