Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Brown waarsku oor brose fiskale posisie
    Ekonoom en medestigter van Cirrus Capital, Rowland Brown, sê Namibië is gelukkig dat Fitch Ratings sy soewereine kredietgradering op BB-, met 'n stabiele vooruitsig, behou het. Hy waarsku egter dat die land se fiskale posisie steeds broos is, met lae kontantreserwes, stygende skuld en 'n groot begrotingstekort. Brown sê die situasie kan vinnig versleg indien groot beleggingsprojekte, soos TotalEnergies se Venus-projek, vertraag word of ekonomiese groei stagneer.
    1 min
  • Dollar versterk, rand en Namibiese dollar verswak
    Die Namibiese dollar en die Suid-Afrikaanse rand bly onder druk en verhandel teen sowat 16 rand 95 sent teenoor die Amerikaanse dollar, wat al hoe nader aan die 17-rand-kerf beweeg. ’n Sterker Amerikaanse dollar, aangedryf deur hoër-as-verwagte inflasie in die VSA, dra hiertoe by. Wêreldwye markskommelings en veranderende politieke ontwikkelings in Suid-Afrika beïnvloed ook beleggersentiment. Dr Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimumgroep en BetterBond, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • 12:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Bitterwasser lok weer internasionale sweefvlieëniers
    Bitterwasser in die Kalahari lok dié somer weer sweefvlieëniers van regoor die wêreld, veral Europa. Hulle reis tussen November en Januarie na Namibië om van die uitstekende sweefvliegtoestande gebruik te maak. Die gebied is wêreldbekend vir sy sterk termiese lugstrome, wat sweefvliegtuie in staat stel om groot afstande sonder enjinkrag af te lê. Vlugte van meer as duisend kilometer is nie ongewoon nie. Rainer Hog, besturende direkteur van Bitterwasser Lodge en Vliegsentrum, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Swaar reën en koeler weer op pad
    Ná reën en donderbuie in die Kavango-streke word verspreide donderbuie vandag in die noordooste en sentrale dele verwag. Die reën sal môre weswaarts uitbrei, met hewige en wydverspreide donderstorms wat teen Woensdag oor die noordelike, sentrale en suidelike dele sal toeneem. Weerkundige Albertina Anderson sê die //Kharas-streek kan Donderdag en Vrydag swaar reën verwag. Die huidige uiterste hitte in dele van die land sal ook teen Vrydag plek maak vir koeler weer:
    1 min
  • Ebola-uitbreking in DRK steeds buite beheer ses maande ná aankondiging
    Die Afrika-sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming sê die Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo, veroorsaak deur die Bundibugyo-virus, is ses maande ná die aankondiging daarvan steeds buite beheer. Meer as elf-duisend gevalle en vyf-duisend-400 sterftes is reeds aangemeld. Meer as 'n kwart van die bevestigde gevalle en 'n derde van alle sterftes is onder kinders. Dokter Chikwe Ihekweazu van die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die grootste uitdaging in die stryd teen Ebola is voortdurende konflikte in die streek:
    1 min
  • TLU SA verwelkom vordering nadat 90% persent beeste teen BKS ingeënt is
    Die Suid Afrikaanse landbou-organisasie TLU SA verwelkom die vordering wat gemaak is met inentings teen bek-en-klouseer. Negentig-persent van alle beeste in die land is reeds ingeënt, meer as die regering se teiken van 80-persent, en lank voor die sperdatum van einde Desember. Bennie van Zyl van TLU SA sê ondanks dié vordering is 'n langtermynoplossing steeds nodig om die siekte doeltreffend hok te slaan en die landbousektor te beskerm:
    1 min
  • 11:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Gholf: McIlroy ewenaar rekord met agste Race to Dubai-titel
    Rory McIlroy het sy agtste Race to Dubai-titel gewen en die Skot, Colin Montgomerie, se rekord geëwenaar nadat hy tweede ná die wenner Tyrrell Hatton by die DP World Tour-kampioenskap in Dubai klaargemaak het. Die Engelsman het die toernooi op die Jumeirah Gholf-landgoed met vyf houe gewen nadat hy met ses-onder 66 klaargemaak het om op 15 onder baansyfer te eindig en sy negende DP World Tour-titel te verower. McIlroy van Noord-Ierland het die Spanjaard, Eugenio Chacarra, verbygesteek om die kroon te dra, en sê dis ʼn spesiale prestasie:
    1 min
  • Fitch hou Namibië se kredietgradering in rommelstatus
    Namibië se kredietgradering bly onveranderd op BB-, met Fitch Ratings wat die land vir die negende agtereenvolgende jaar in rommel-status hou. Die graderings-agentskap sê olie- en gas-eksplorasie bied wel groei-potensiaal, maar die momentum het verlangsaam terwyl daar op finale beleggingsbesluite gewag word. TotalEnergies se finale besluit oor die Venus-olieprojek word nou eers teen die einde van die eerste kwartaal volgende jaar verwag. Intussen het Cirrus Capital 'n verslag vrygestel waarin die regering se hantering van onderhandelinge met TotalEnergies onder die loep geneem word. Cirrus-ekonoom Ida Williams het die kwessie met KosmosKapitaal bespreek:
    1 min