Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Okahandja-inwoners kan nog lae waterdruk ervaar
    Die munisipaliteit van Okahandja verseker inwoners dat die watertoevoer herstel word ná onderbrekings weens tegniese vertragings met NamWater se opknapping van die reservoir en ’n beplande kragonderbreking deur NamPower. Die munisipale woordvoerder, Master Penna, sê inwoners hoef nie paniekerig te raak nie, maar sommige gebiede kan tydens spitstye lae waterdruk ervaar totdat die reservoir teen middel November weer in gebruik geneem word.
    1 min
  • 07:00 Hoofnuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Namibiese stoeispan benodig N$334 600 vir Statebondsbyeenkoms
    Die Namibiese Stoeifederasie doen ’n beroep op die publiek om teen 27 November 334 600 Namibiese dollar in te samel om ’n span van 16 lede in Desember na die Statebond-stoeikampioenskap in Polokwane te stuur. Die federasie se sekretaris-generaal, Anke Erasmus, sê die atlete en studente het hul voorbereiding onder die Olimpiese afrigter Luis Forcelledo Paz voltooi. Befondsing is dringend nodig om hul etes en verblyf te dek.
    1 min
  • Old Mutual belê N$300 000 in gemeenskapstuine vir voedselsekerheid
    Die Old Mutual-stigting het vanjaar 300 000 Namibiese dollar vir sy Green Futures-tuinprojek bewillig, wat sy totale belegging in gemeenskapslandbou op 900 000 dollar te staan bring. Vanjaar word groentetuine by Outjo Sekondêre Skool, Bergsig-skool en Jimmy’s Gemeenskapsentrum in die Kunene-streek gevestig, tot voordeel van sowat 1 900 leerders en inwoners. Groepwoordvoerder Mignon du Preez sê die inisiatief rus gemeenskappe toe met vaardighede om volhoubare voedselsekerheid te bevorder.
    1 min
  • Steenkamp waarsku: Privaatskole kan gederegistreer word oor rassisme
    Onderwysminister Sanet Steenkamp waarsku dat privaatskole nie bo die wet verhewe is nie en gederegistreer kan word indien bewyse van rassediskriminasie gevind word. Steenkamp se waarskuwing volg nadat die AR-LP George Kambala gevra het dat die Deutsche Höhere Privatschule en Afrikaanse Privaatskool gesluit word ná beweerde onlangse rassistiese voorvalle. Steenkamp sê enige regstappe teen die skole moet op gevestigde feite en behoorlike regsprosesse berus. Die ministerie hou albei skole dop om te verseker dat hul ondernemings oor diversiteit en inklusiwiteit in meetbare verandering omskep word.
    1 min
  • Hopwood waarsku rompslomp kon Dangote-projek kelder
    Politieke ontleder Graham Hopwood sê Namibië se versuim om ’n werklike eenstopdiens vir beleggers in te stel en afdwingbare sperdatums vir permitte vas te stel, het die land byna die Dangote-petroleumstoringsprojek van 41,1 miljard Namibiese dollar gekos. Na aanleiding van president Netumbo Nandi-Ndaitwah se ingryping om die ooreenkoms te red, waarsku Hopwood dat nuwe wetgewing dikwels bestaande struikelblokke dupliseer. Hy doen ’n beroep op die regering om die Namibiese Raad vir Beleggingsbevordering en –ontwikkeling, die NIPDB, die nodige politieke steun te gee om rompslomp te verminder.
    1 min
  • 06:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Maandag, 16 November 2026
    In jou finansiële nuus vanoggend: Wie het die hef in die hand? Namibië met sy olie of TotalEnergies met sy geld? KosmosKapitaal-nuus kry vanoggend 'n vars perspektief op dié verdelende debat van Cirrus Capital-ekonoom, Ida Williams. En dit was 'n besige week op die Namibiese Effektebeurs. Ons praat met Tiaan Bazuin, die uitvoerende hoof van die Namibiese Effektebeurs (NSX).
    4 min
  • Duitsland steun SA se energie-oorgaan
    Suid-Afrika se minister van bosbou, visserye en die omgewing, David Maynier, sê Duitsland sal oor vyf jaar ’n bykomende 186 miljoen rand beskikbaar stel om Suid-Afrika se regverdige energie-oorgang te ondersteun. Hy het tydens COP31 in Turkye gepraat, waar Suid-Afrika hom beywer vir praktiese klimaatsoptrede en die uitvoering van klimaatplanne. Maynier sê die geld sal twee projekte ondersteun wat daarop gemik is om munisipale elektrisiteitsverspreidingsnetwerke te versterk en bykomende finansiering te bekom. Volgens hom sal die inisiatiewe munisipaliteite help om beleggings in hernubare energie te lok:
    1 min
  • Windhoek oorweeg waterbeperkings
    Stad Windhoek oorweeg dit om as voorsorgmaatreël na Kategorie B van sy waterbestuursplan oor te skakel weens voorspelde ondergemiddelde reënval wat met komende El Niño-toestande verband hou. Stadswoordvoerder Lydia Amutenya sê die stap sal vroeë waterbesparing aanmoedig voordat waterbronne onder ernstige druk kom. Hoewel die stadsraad nog nie ’n finale besluit geneem het nie, word inwoners intussen aangeraai om water spaarsamig te gebruik.
    1 min