Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • 10:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Ramaphosa: SA moet KI vervaardig, nie net gebruik nie
    President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika en Afrika moet vervaardigers en vernuwers van kunsmatige intelligensie word eerder as net verbruikers van tegnologie wat elders ontwikkel word. Hy het op die Semafor K-I-geleentheid in Silicon Valley, Kalifornië, gepraat. Volgens ’n verslag van Microsoft se AI Economy Institute is Suid-Afrika 46ste uit 147 wêreld-ekonomieë wat ondersoek is vir die aanvaarding van K-I. Ramaphosa sê die land moet die hervormende potensiaal van K-I op groot skaal gebruik:
    1 min
  • Voertuigverkope: Simonis Storm verlaag groeivooruitskatting vir 2026
    Die vooruitsigte vir voertuigverkope is afwaarts aangepas, met Simonis Storm wat nou groei van 10,3 persent vir vanjaar voorspel, tot ongeveer 16 050 eenhede. Almandro Jansen, ’n ekonoom by die firma, sê Desember se verkope sal deurslaggewend wees, terwyl hoër rentekoerse en brandstofpryse die vraag kan demp. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die vooruitsigte vir 2027 hang grootliks af van die Venus-olieprojek.
    1 min
  • Cosatu vra inflasie-verligting vir miljoene wat toelaag ontvang
    Die Suid Afrikaanse vakbondfederasie COSATU sê die regering moet groter finansiële verligting bied aan die agt-miljoen mense wat staatmaak op die maatskaplike noodverligtingstoelaag. Die organisasie is teleurgesteld omdat bykomende hulp nie vir begunstigdes aangekondig is nie, al bespaar die regering 13-miljard Namibiese dollar op maatskaplike toelaes. Matthew Parks van COSATU vra die regering om groter steun vir armes aan te kondig in Februarie se begroting:
    1 min
  • Swakopmund-burgemeester maan motoriste om verantwoordelik te bestuur
    Swakopmund se burgemeester, Suamma Kautondokwa, doen 'n beroep op motoriste om padveiligheid ernstig op te neem. Sy sê bestuurders moet spoedbeperkings nakom, waaksaam bly en geduldig wees om ongelukke te voorkom. Kautondokwa waarsku dat beter padinfrastruktuur alleen nie ongelukke sal voorkom nie en dat motoriste ook hul verantwoordelikheid moet nakom. Sy beklemtoon dat veilige, goed onderhoude paaie noodsaaklik is vir ekonomiese groei en toerisme.
    1 min
  • 09:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • SA haarsaloneienaar kry drie lewenslange vonnisse weens die verkragting van kinders
    Die Hooggeregshof in Pretoria wat in die Palm Ridge-landdroshof sit, het die eienaar van 'n haarsalon van Sebokeng, Moholo Tentsi, drie lewenslange vonnisse opgelê vir die verkragting van drie jong kinders. Hy is ook onbevoeg verklaar om met kinders te werk of 'n vuurwapen te besit en word op die seksoortreders-register geplaas. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Lumka Mahanjana, sê die hof het geen oortuigende omstandighede gevind om 'n ligter vonnis te regverdig nie:
    1 min
  • 08:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Nekundi vra sterker samewerking om padongelukke te bekamp
    Minister van Werke en Vervoer, Veikko Nekundi, sê sterker samewerking tussen die regering, privaatsektor en gemeenskappe is nodig om padongelukke in Namibië te bekamp. Hy waarsku dat padongelukke nie net lewens eis nie, maar ook 'n groot ekonomiese las op die land plaas. Volgens Nekundi beloop die ekonomiese verliese weens padongelukke sowat drie persent van Afrika se bruto binnelandse produk, terwyl meer as 296-duisend mense jaarliks op die vasteland sterf. Sy boodskap is tydens Afrika se Padveiligheidsdag deur die voorsitter van die Nasionale Padveiligheidsraad, Amalia Gawanas, namens hom oorgedra.
    1 min
  • Naicker ontken betaling vir mededinger se moord
    Die Durbanse insleepdiens-eienaar Clive Naicker het ontken hy het die polisie meer as 2,5-miljoen-rand betaal om vyf mans te vermoor, insluitend 'n mededingende sakeman, Bevan Loftus. Hy het aan die Madlanga-kommissie gesê hy het nie met enigiemand saamgesweer om Loftus te vermoor nie, en het ook nie enige beloning aan polisielede gebied nie. Naicker het enige regstreekse of onregstreekse betrokkenheid ontken by die moorde in Morningside tydens ’n operasie deur die transito-taakspan in April 2023:
    1 min