Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Pas geslagsgelykheid-beleide oral toe, vra aktiviste
    Geslagsaktiviste doen ’n beroep op ’n verskuiwing vanaf politieke kwotas en dring daarop aan dat beleide oor geslagsgelykheid in openbare instellings, die privaatsektor en semi-staatsinstellings toegepas word. Die voorsitter van Young Women of Africa, Duminga Ndala, beklemtoon die behoefte aan sterker toesig om te verseker dat beleide werklik tot voordeel van vroue in landelike gebiede en vroue met gestremdhede strek. Sy sê strukturele struikelblokke wat vroue se ekonomiese deelname belemmer, moet verwyder word. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Die 16:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Rassie glo Ierland se Prendergast sal Saterdag speel
    Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus glo 'n tegniese punt sal sorg dat die Ierse losskakel Sam Prendergast Saterdag sal kan speel in die Nasieskampioenskaps-wedstryd teen Suid-Afrika in Dublin. Hy is uitgewys vir 'n heup-valduikslag tydens sy span se oorwinning van 43-15 oor Fidji verlede naweek. Skeidsregter Angus Gardner en die televisie-skeidsregter, Mike Adamson, het hom egter nie gestraf nie. Erasmus glo dit moes 'n onmiddellike rooikaart gewees het:
    1 min
  • Brexit het Brittanje nie gehelp, sê Burnham
    Eerste minister Andy Burnham sê Brittanje moet sy verhouding met die Europese Unie herstel en erken Brexit het nie aan beloftes voldoen nie. Brittanje het sy bande met die EU verbreek ná 'n referendum in 2016 waarin 52-persent van kiesers gestem het om die EU te verlaat teenoor 48-persent wat wou aanbly. Burnham sê niks het gekom van die Brexit-veldtog se belofte dat Brittanje weer beheer sou neem oor sy grense, wette en ekonomie nie:
    1 min
  • Die 15:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Slaan toe op roekelose bestuur, eis SA parlement
    Die parlementêre portefeuljekomitee oor Vervoer eis dringende stappe om padsterftes te beperk voor die feestyd, insluitend verpligte tronkstraf en finansiële aanspreeklikheid vir roekelose bestuur. Dit volg ná die naweek se ongeluk buite Mount Ayliff in die Oos-Kaap waarin vyf studente van die Universiteit van Fort Hare gesterf het. Die komitee se voorsitter, Donald Selamolela, sê dié sterftes is heeltemal onnodig en bloot te wyte aan bestuurders se roekeloosheid:
    1 min
  • Politieke geskil in Outapi oor straatverkoper-tariewe
    Die uitvoerende hoof van die Outapi-dorpsraad, Nashilongo Ananias, veroordeel ’n plaaslike raadslid omdat hy na bewering straatverkopers aangehits het om nuwe tariewe te verwerp en te betoog. Ananias sê dat die fooie boetes is wat daarop gemik is om onwettige straathandel langs paaie, wat tot ’n vuil omgewing lei, op te ruim en plek te maak vir padopgraderings. Hy sê die raadslid gebruik die kwessie vir politieke gewin.
    1 min
  • Die 14:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Rugby: Wêreldrugby ondersoek Rassie se opmerkings oor dubbelstandaarde
    Wêreldrugby gaan Springbok-afrigter Rassie Erasmus se opmerkings oor die hantering van Suid-Afrika se naelskraapse Nasieskampioenskaps-nederlaag teen Frankryk bekyk. Die 54-jarige het bevraagteken of wedstrydbeamptes se opsetlike oorsien van vuilspel kan neerkom op beïnvloeding van die uitslag van 'n toets. Erasmus glo beamptes het 17 onwettige duikslae teen sy span in Parys misgekyk. Hy wonder ook waarom talle van Frankryk se kniebuig-duikslae wat hy meen onwettig was, nie deur die video-skeidsregter hersien is nie:
    1 min