Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Zambezi Police Crack Down on Smuggling in Police Cells
    The Zambezi regional police are stepping up efforts to combat the smuggling of drugs and mobile phones into police cells. This follows the arrest of an off-duty police officer who allegedly attempted to smuggle cannabis and mobile phones into the cells in Katima Mulilo. Regional Police Commander, Commissioner Julia Sakuwa-Neo, says they are now also conducting unannounced raids in police cells. She warns that drugs hinder rehabilitation and fuel violence among detainees, while smuggled mobile phones are reportedly being used to extort money from family members outside the cells.
    1 min
  • Suid-Afrikaanse skaap- en beesboere vereer as top-produsente
    Suid-Afrikaanse skaap- en beesboere vereer as top-produsente
    Die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf het sy voorste produsente vir 2026 aangewys, met twee boere uit die Noord-Kaap en Vrystaat wat vir hul prestasies vereer is. Abré Marais van Elands-laagte Dorpers, wat naby Marydale in die Noord-Kaap boer, is as die Nasionale Skaapboer van die Jaar aangewys. Hy het met Pieter Moller oor die toekenning en sy boerdery gesels.
    1 min
  • Dangote-projek kan groot geleenthede vir Namibiërs skep
    Die beplande Dangote-energie-megaprojek kan 'n groot hupstoot vir Namibië se ekonomie gee, met moontlike geleenthede vir plaaslike ondernemings, kontrakteurs en geskoolde werkers. Die vraag is egter hoeveel Namibiërs werklik by die projek gaan baat vind. Dirk van Schalkwyk, uitvoerende direkteur van Welwitschia Services Group, sê plaaslike ondernemings en kundiges moet van die begin af by die projek se uitvoering betrek word. Hy deel sy perspektief met Kosmos 94.1 Nuus.
    1 min
  • Zambezi-polisie slaan toe op smokkelary in selle
    Die Zambezi-streekspolisie verskerp sy pogings om die smokkel van dwelms en selfone na polisieselle te bekamp. Dit volg nadat 'n polisieman wat nie aan diens was nie, in hegtenis geneem is omdat hy na bewering dagga en selfone na die selle in Katima Mulilo probeer smokkel het. Streeks-polisiehoof, kommissaris Julia Sakuwa-Neo, sê hulle voer nou ook onverwagte klopjagte in die selle uit. Sy waarsku dat dwelms rehabilitasie belemmer en geweld onder aangehoudenes aanwakker. Gesmokkelde selfone word boonop glo gebruik om families buite die selle af te pers.
    1 min
  • 12:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • MTC Content Creator-toekennings verseker onafhanklike stemproses
    In aanloop tot die MTC Content Creator-toekenningseremonie op 28 November het die organiseerders meer besonderhede oor die onafhanklike stemproses bekend gemaak. 'n Onafhanklike paneel kies die genomineerdes, waarna die eksterne firma Dynamic Mobile Solutions die SMS-stemming hanteer. WKH Inc. oudit daarna die finale uitslae om te verseker dat die proses deursigtig en regverdig verloop. Stigterslid KP Illest beklemtoon dat die organiseerders nie by die keuse van die wenners betrokke is nie.
    1 min
  • 11:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Namibië gebruik Owishi-diamant om handelsbande met VSA te versterk
    Namibië hoop om nuwe handels- en beleggings-geleenthede in die Verenigde State te ontsluit deur die land se 176-karaat Owishi-diamant as vertoonvenster te gebruik. Namibië se ambassadeur in die VSA, Wilbard Helao, sê die diamant verteenwoordig veel meer as net die land se minerale rykdom. Dit wys hoe natuurlike hulpbronne, internasionale markte en plaaslike deelname werksgeleenthede en ekonomiese voordele vir gemeenskappe kan skep. Die VSA is die wêreld se grootste mark vir diamantjuweliersware en bly daarom 'n belangrike handelsvennoot vir Namibië. Die Amerikaanse ambassadeur in Namibië, John Giordano, sê die diamanthandel skep geleenthede vir albei lande:
    1 min