Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Trump verdedig Hegseth te midde van moontlike ampsklagte
    Die Amerikaanse president, Donald Trump, het die Republikeinse kongreslid, Thomas Massie, gekritiseer omdat hy ampsklag-artikels teen die minister van Verdediging, Pete Hegseth, ingedien het. Massie beskuldig Hegseth dat hy onwettig, sonder die Kongres se goedkeuring, oorlog teen Iran maak en sy magte misbruik. Die poging sal waarskynlik misluk aangesien die Republikeine tot Januarie die mag in die Kongres behou. Daar moet teen môre daaroor gestem word. Trump sê hy ondersteun Hegseth:
    1 min
  • Mabushe-kliniek bring gesondheidsdienste aan 12 gemeenskappe
    Inwoners van sowat 12 dorpe en nedersettings in die Mashare-kiesafdeling in die Kavango-Oosstreek sal nou toegang tot gesondheidsdienste hê met die amptelike inwyding van die Mabushe-kliniek. Gesondheidsminister dr. Esperance Luvindao het die kliniek Maandag saam met plaaslike en streekleiers amptelik ingewy. Die nuwe kliniek behoort die afstand wat inwoners moet aflê om mediese hulp te kry, aansienlik te verminder.
    1 min
  • AfriForum verklaar 1 Desember as wêreldwye plaasmoord-herdenkingsdag
    AfriForum sê 1 Desember sal wêreldwyd waargeneem word as 'n dag teen plaasmoorde, om slagoffers van plaasaanvalle te herdenk en hul gesinne te ondersteun. Die datum is gekies ter nagedagtenis aan die tweejarige Wilmien Potgieter, wat in 2010 saam met haar ouers op hul plaas in die Vrystaat vermoor is. Jacques Broodryk sê AfriForum sal ook met internasionale belanghebbendes skakel om bewustheid te ontwikkel oor plaasmoorde en geweld teen landelike gemeenskappe in Suid-Afrika:
    1 min
  • Iipumbu wil hê polisiebeamptes moet beter met hul geld werk
    Die minister van veiligheid en sekuriteit, Lucia Iipumbu, sê finansiële geletterdheid behoort deel van opleiding vir alle polisiebeamptes te wees. Sy het Maandag tydens 'n vergadering by die Oshikoto-polisiestreekhoofkwartier in Omuthiya voorgestel dat eenhede gestig word waar beamptes finansiële opleiding kan ontvang. Iipumbu sê finansieel ingeligte beamptes kan beter geld-besluite neem en groter finansiële dissipline handhaaf.
    1 min
  • 10:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Russell Brand tot 10 jaar en ses maande gevonnis
    Die Britse akteur, komediant en mediapersoonlikheid Russell Brand is tot tien jaar en ses maande tronkstraf gevonnis vir verkragting en drie aanklagte van seksuele aanranding. Die 51-jarige is verlede week skuldig bevind aan die verkragting van 'n 21-jarige vrou in 2009, asook die seksuele aanranding van drie ander in die 2000's. Hy is vrygespreek op twee verdere aanklagte van verkragting en een aanklag van poging tot seksuele aanranding. Regter Joel Bennathan, wat die vonnis in die Southwark Crown Court in Londen opgelê het, het Brand as 'n "seksuele roofdier" beskryf:
    1 min
  • 09:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Bek-en-klouseer kan ekonomie miljarde kos
    Namibië se ekonomie kan met tot N$5,8 miljard krimp indien 80 persent van vee- en vleisuitvoere vir 'n jaar verlore gaan. Dit is volgens 'n nuwe ekonomiese model van Cirrus Capital, wat ook waarsku dat die uitbreking ander sektore en huishoudelike inkomste sal raak. President Netumbo Nandi-Ndaitwah se ekonomiese raadgewer, Shali Shindume, het tydens 'n vergadering op Swakopmund die moontlike ekonomiese impak beklemtoon:
    1 min
  • NEASA verwerp voorgestelde kwotas vir die indiensneming van buitelandse burgers
    Die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika het die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Indiensneming verwerp en gewaarsku kwotas vir buitelandse werkers ’n buitensporige administratiewe en finansiële las op ondernemings sal plaas. Die wetsontwerp bemagtig die Departement van Indiensneming en Arbeid om perke op die indiensneming van buitelandse werkers te stel, met boetes van tot een-miljoen-rand vir ondernemings wat nie daaraan voldoen nie. Gerhard Papenfus van NEASA voer aan werkloosheid eerder deur swak onderwys, ondoeltreffende bestuur en korrupsie, as deur immigrasie, veroorsaak word:
    1 min
  • Onderwyskursusse moet by arbeidsmark aanpas
    Namibiese onderwysinstellings word versoek om hul kursusse by die veranderende behoeftes van die arbeidsmark aan te pas. Die oproep is Maandag tydens die bekendstelling van die sesde uitgawe van die Careers in Namibia-gids in Windhoek gedoen. Die waarnemende uitvoerende direkteur van die arbeidsministerie, Aune Mudjanima, sê tegnologiese vooruitgang, klimaatsverandering en nuwe bedrywe verander die vaardighede wat werkgewers benodig.
    1 min