Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • 08:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • SA polisie arresteer byna 25 000 verdagtes tydens twee weke in aanloop tot feesgety
    Die polisie het in die afgelope twee weke tydens landwye operasies byna 25-duisend verdagtes in hegtenis geneem. Dit is deel van die inisiatief vir 'n veiliger feestyd. Onder die gearresteerdes is twee-duisend-680 verdagtes wat gesoek is in verband met ernstige en gewelddadige misdade. Die polisie het ook beslag gelê op 224 ongelisensieerde vuurwapens, meer as twee-duisend-600 rondtes ammunisie en een-duisend-310 gevaarlike wapens. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê die operasies sal voortduur as deel van pogings om misdaadnetwerke te ontwrig en gemeenskapsveiligheid te verbeter.
    1 min
  • Mynboumaatskappye moet meer tot landelike ontwikkeling bydra
    Voorsitter van die Erongo-streeksraad, Lazarus Kanelombe, doen 'n beroep op mynmaatskappye om 'n groter rol in landelike ontwikkeling te speel. Hy het Maandag tydens 'n vergadering met mynmaatskappye in Swakopmund gesê gemeenskappe het steeds groot uitdagings met toegang tot skoon water, behuising en ekonomiese bemagtiging. Kanelombe het onder meer volhoubare wateroplossings voorgestel, insluitend vloedwalle wat met klein pypleidings verbind word om water na afgeleë dorpe te voorsien. Hy sê mynboumaatskappye moet help om hierdie ontwikkelingsuitdagings aan te spreek.
    1 min
  • 07:00 Hoofnuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Rough & Tough Rally samel fondse vir Kankervereniging in
    Die jaarlikse Rough & Tough Rally bereik eerskomende Saterdag sy einde ná ’n uitdagende roete van sowat 1 000 kilometer deur Damaraland. Die byeenkoms bring klassieke motor-entoesiaste bymekaar, met die doel om fondse vir die Kankervereniging van Namibië in te samel. Die vereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen:
    1 min
  • Vroeë somerbuie voorspel vir groot dele van Namibië
    Met maksimum temperature van 31 grade in Windhoek, 34 in Ondangwa en 39 in Keetmanshoop, kan Namibiërs vandag ook op 'n bietjie reën en verligting van die hitte hoop. Weerkenner George van der Merwe sê vroeë somer-donderbuie word oor sentraal-, noordelike en noordoostelike Namibië verwag, met moontlik swaar neerslae wat ook in Windhoek verwag kan word.
    1 min
  • Gesondheidsamptenare ondersoek oor medisyne tekorte
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê sommige amptenare van die gesondheidsministerie word deur die Teenkorrupsiekommissie ondersoek te midde van voortslepende medisyne tekorte by staatshospitale en klinieke. Sy het tydens 'n dorpsvergadering in Swakopmund gesê ander amptenare is intussen na ander poste oorgeplaas terwyl probleme in die medisyneverskaffingsketting ondersoek word. Nandi-Ndaitwah bevraagteken waarom medisyne wat deur die regering aangekoop word, nie hospitale en klinieke bereik soos dit moet nie. Sy belowe dat stappe gedoen sal word om die verspreiding van noodsaaklike medisyne te verbeter.
    1 min
  • IPC eis onafhanklike ondersoek na August 26 Holdings
    Die IPC doen 'n beroep op 'n onafhanklike ondersoek na August 26 Holdings midde kommer oor die maatskappy se brandstofverkrygingsreëlings, asook die invoer van drie gepantserde voertuie. Die IPC se skadu-verdedigingminister, Aloisius Kangulu, eis duidelikheid oor die beweerde teenstrydige verklarings oor die gepantserde voertuie, insluitend hul eienaarskap, aankoopkoste, finansiering en magtiging.
    1 min
  • Bek-en-klouseer bedreig boere, werksgeleenthede en ekonomie
    Bek-en-klouseer het die potensiaal om boerderybedrywe, werksgeleenthede en lewensbestaan te vernietig. Dit is die waarskuwing van die Presidensiële Taakspan vir Ekonomiese Herstel en Transformasie, wat vra vir dringende samewerking tussen die regering en die veebedryf om uitvoermarkte te heropen, boere te beskerm en te voorkom dat die uitbreking in ’n groter ekonomiese krisis ontaard. Die voorsitter van die taakspan, Dagmar Honsbein, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • Dinsdag, 10 November 2026
    In jou finansiële nuus vanoggend: Skrikwekkende syfers van net hoeveel skade bek-en-klouseer die Namibiese ekonomie kan berokken, is in 'n nuwe model van Cirrus Capital bekend gemaak. En: Daar's 'n nuweling op die Namibiese Effektebeurs! Meer hieroor in vanoggend se KosmosKapitaal-nuus.
    4 min