Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Die nuus om 09:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Amptenaar kla oor uitsluiting van Zambezi
    ‘n Navorsingstegnikus by die ministerie van landbou, Nitu Mataya, is bekommerd oor die uitsluiting van die Zambezi-streek uit die 132 miljoen Namibiese dollar NamiGreen-projek. Die projek streef daarna om voedselsekerheid en klimaatsveerkragtigheid in Namibië te versterk deur akwakultuur (visboerdery) en tuinbou op 'n sirkulêre, volhoubare manier met mekaar te kombineer. Die projek wil ook kwesbare ekosisteme herstel, kweekhuisgasse verminder en die lewensgehalte van sowat 30 000 plaaslike inwoners verbeter. Dit fokus op die Kavango-streke, Omusati, Omaheke en //Kharas.
    1 min
  • Die nuus om 08:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • ANC se Mbalula kyk kishoue by stembus mis
    Ondanks die ANC se swak vertoning by die stembus op baie plekke in Suid-Afrika, bly die party volgens sekretaris-generaal Fikile Mbalula die grootste in die land, met volstrekte oorwinnings in verskeie munisipaliteite tydens die plaaslikeregeringsverkiesings. In 'n toespraak aan die media by die Verkiesingskommissie se Resultatesentrum in Midrand, Johannesburg, het Mbalula gesê die party het met 99 persent van die stemdistrikte reeds verklaar 30,91-persent van die nasionale stemme op hom verenig, . Hy sê die uitslae bewys die ANC se voortgesette teenwoordigheid regoor die land, ondanks die veranderende politieke landskap.
    1 min
  • Die nuus om 07:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Koalisiepolitiek bly SA se voorland
    Suid-Afrika se ANC het ’n reuseknou in die munisipale verkiesings gekry, met sy steun wat tot 31% getuimel het. Die Demokratiese Alliansie staan op 24,6% nadat 99,8% van stemdistrikte getel is. Die ANC se steun het sedert 2021 met byna 15 persent getuimel. In 135 uit die 213 munisipale rade het geen party’n volstrekte meerderheid behaal nie. Koalisies gaan dus deurslaggewend wees. Vier rade se uitslae was vroegoggend nog uitstaande. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sal die uitslae vanaand om sesuur formeel aankondig. Wetgewing is in Suid-Afrika onderweg om te verhoed dat koalisiepolitiek rade lamlê en dienslewering benadeel. Professor André Duvenhage, politieke wetenskaplike aan die Noordwes Universiteit op Potchefstroom, het sy indrukke met Kosmos 94.1 gedeel.
    1 min
  • Die nuus om 13:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • SA aktivis steun Namibiese protes oor ganja
    Buiten vir Namibiese stemme wat opnuut opgaan vir die dekriminalisering van dagga, is daar ook ondersteuning uit Suid-Afrika vir hierdie wetswysiging. Die nuwe, plaaslike konsepwet was egter nog nie vir die publiek beskikbaar nie. Jeremy Acton, ‘n Suid-Afrikaanse aktivis, het sy mening oor die verwikkelinge in Namibië met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
    1 min
  • Die nuus om 12:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    3 min
  • Sny af - of betaal self
    Stedelike en landelike ontwikkeling-minister James Sankwasa, dreig om munisipale skuld van raadslede se toelaes af te trek indien hulle nie sy opdrag uitvoer om dienste aan wanbetalers af te sny nie. Hy het tydens die burgemeestersforum in Rundu gevra waarom munisipaliteite finansiële probleme aanvoer terwyl miljoene se uitstaande skuld steeds nie ingevorder word nie.
    1 min