Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Brics-beraad bied geleenthede vir Namibië
    Daar word by SAOG-leiers aangedring om te beywer vir groter insluiting en sterker verteenwoordiging in Brics, terwyl die blok se 18de leiersberaad hierdie naweek in Nieu-Delhi, Indië, afskop. Met wêreldwye geopolitieke spanning wat handel, energie en internasionale alliansies hervorm, sê die Afrika-kenner dr. Charles Sinkala aan Kosmos 94.1 Nuus dat die huidige klimaat beduidende geleenthede vir Namibië en ander SAOG-lande bied.
    1 min
  • Die nuus om 07:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    3 min
  • Copps 94.1: Stil aand op Okahandja
    Copps 94.1 het Vrydagaand die doen en late van inwoners op Okahandja en omliggende gebiede gemonitor, waar sake betreklik stil verloop het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 doen verslag van die toneel.
    1 min
  • Op'ie Kantlyn, 11 September 2026
    Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
    4 min
  • Die nuus om 18:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Valke lewer ses Nigeriërs aan Amerika uit
    In die buurland het die Valke, in samewerking met Interpol, vanmiddag die uitlewering van ses Nigeriese burgers hanteerwat na bewering lede is van die Black Axe georganiseerde misdaadnetwerk. Amerikaanse owerhede soek hulle vir internetbedrog en geldwassery wat met 'n liefde-slenter verband hou. Die woordvoerder van die Valke, Katlego Mogale, sê die verdagtes het meer as 100 vroue in Amerika uit meer as 100-miljoen-rand bedrieg. Sy sê van die slagoffers is pensioentrekkers wat met gesofistikeerde aanlynverhoudings geteiken is:
    1 min
  • Nafau, Metro teken ooreenkoms oor salarisverhoging
    Die Namibiese Voedsel- en Geallieerde Werkersunie, Nafau en Metro, het 'n nuwe kollektiewe ooreenkoms onderteken wat werknemers 'n algemene salarisverhoging van 450 Namibiese dollar per maand toestaan. Die adjunk-sekretaris-generaal van die vakbond, Willem Absalom, sê die eenjaarooreenkoms verteenwoordig ongeveer 'n loonverhoging van 10 persent om werkers teen stygende lewenskoste te beskerm.
    1 min
  • Jeug benodig praktiese werk in klaskamer
    'n Lid van die Verenigde Nasies se Jeugadviespaneel, Gabriel Mandume, sê die wanverhouding tussen akademiese opleiding en werksmagvereistes bly 'n primêre dryfveer van jeugwerkloosheid in die land. Mandume sê dat terwyl jong Namibiërs steeds met teoretiese kwalifikasies van plaaslike universiteite en kolleges gradueer, beperkte praktiese blootstelling hulle swak voorbereid laat vir die eise van werkgewers. Hy het met NBC gepraat en hoëronderwysinstellings versoek om hul leerprogramme te herstruktureer om uitgebreide praktiese werk in die klaskamer in te sluit.
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…