Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Groot Aub-kindermoord: Jong getuies moet ondersteun word
    Reaksie word ontvang ná die dood van 'n agtjarige leerder in Groot Aub, wat vroeër die week na bewering deur 'n 12-jarige vriend verwurg is. Die voorval het die gemeenskap in skok gelaat en in rou gedompel, terwyl die polisie 'n saak van moord en roof ondersoek. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige kinderadvokaat en nou hoof van die Ombudsman se Kantoor, Ingrid Husselmann gepraat wat sê dat die geestelike welstand van die betrokke kinders en diegene wat die voorval aanskou het, voorrang moet kry.
    1 min
  • Duur lewenskoste, stagnante inkomste oorsaak van verbruikers se skuldlas
    Die Bankiersvereniging van Namibië verdedig kommersiële banke teen bewerings dat hulle oormatige skuldlas by huishoudings aanvuur deur buitensporige kredietverlening. Tydens haar verskyning voor die parlementêre staande komitee oor die ekonomie het die vereniging se uitvoerende hoof, Dantagos Jimmy, gesê dat die toestaan van krediet aan die privaatsektor oor die algemeen sedert 2014 afneem. Sy wys eerder op stygende lewenskoste, stagnerende inkomstes, korttermynlenings, herfinansiering en die opeenhoping van lenings as die vernaamste oorsake van finansiële nood.
    1 min
  • Die nuus om 16:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Motorsport: Russell hoop op geluk in stryd teen Antonelli
    George Russell sê hy sal geluk nodig hê om sy Mercedes-spanmaat, Kimi Antonelli, in te haal en Formule Een se bestuurders-kampioenskap te wen. Hy het Antonelli in Julie laas in Brittanje geklop. Die Italianer het onlangs van die 19de plek teruggeveg om sy tuis-wedren in Monza te wen. Die Brit is 66 punte agter hom met tien wedrenne oor voor die naweek se Spaanse Grand Prix, maar is steeds hoopvol:
    1 min
  • MIV-, TB-behandeling bly uitdaging in SA
    Die Gautengse gesondheidsdepartement sê hoewel hy daarin kon slaag om baie meer pasiënte op sy MIV- en TB-behandelings-programme te behou, bly dit ‘n uitdaging om te verseker dat pasiënte gereeld hul medisyne by klinieke en hospitale opeis. Die departement se dr. Fikile Ndlovu het met SABC News gepraat en sê na die onlangse xenofobiese onluste in die land, het sommige gesondheidsorgsentrums ‘n verdere afname in die opeis van medisyne waargeneem.
    1 min
  • Die nuus om 15:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Werkloosheid eis sielkundige tol op jeug
    Daar is kommer oor die sielkundige tol van jeugwerkloosheid, en die jeugministerie sê dat geestesgesondheidondersteuning alleen dit nie kan oplos sonder ekonomiese geleenthede nie. Direkteur vir jeugontwikkeling, Nicolas Tembwe, sê dat jeugbeleide gekoppel moet word aan vaardigheidsontwikkeling, entrepreneurskap, arbeidsinisiatiewe en toegang tot finansiering. Hy het die privaatsektor, die burgerlike samelewing en opleidingsinstellings versoek om met die regering saam te werk om paaie na die ekonomie oop te maak. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Mahungela skuldig bevind aan moord op onderwyseres
    Die Hooggeregshof in Johannesburg het Bafana Mahungela skuldig bevind aan die moord op 'n onderwyseres van die Spesiale Skool Deltapark, Kirsten Kluyts, tydens 'n MyRun-wedloop in Parkmore, Sandton, in Oktober 2023. Hy is ook skuldig bevind aan ontvoering, roof met verswarende omstandighede, poging tot verkragting en regsverydeling. Regter Ian Cox sê die staat het sy saak bo redelike twyfel bewys, en Mahungela se weergawe verwerp. Hy het die saak uitgestel vir voorvonnis-verrigtinge:
    1 min
  • Die nuus om 14:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    1 min
  • Die nuus om 13:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…