Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Joaquin Niemann loop voor in Ierse Ope
    Joaquin Niemann van Chili loop voor in die Ierse Ope in Doonberg na 'n openingsronde van vyf-onder 65 in nat en winderige omstandighede. Hy het 'n voorsprong van twee houe oor 'n groep van vyf spelers, insluitend Shane Lowry van Ierland en Shaun Norris van Suid-Afrika. Negentien spelers het nie hul eerste ronde voltooi nie, omdat die spel weens donkerte opgeskort is. Die verdedigende kampioen, Rory McIlroy, wat sy openingsronde met vier houe agter die voorloper voltooi het, sê hy is tevrede met waar hy op die telbord staan:
    1 min
  • China bevorder plaaslike kreatiewes, sowel as skrywers
    Namibië en China brei bilaterale bande uit deur institusionele vennootskappe, jeuguitruiling en ondersteuning vir kreatiewe nywerhede. Tydens 'n China-Namibië Kultuurbeurs het Chinese ambassadeur Zhao Weiping gesê onlangse ooreenkomste fokus op die verdieping van samewerking in kultuur en onderwys. Zhao sê dat die Chinese ambassade 'n aanvanklike 500 000 Namibiese dollar sal verskaf vir die stig van die Namibiese Skrywers- en Skrywerstoekenning, wat bedoel is om lees, skryf, navorsing en kreatiwiteit te bevorder.
    1 min
  • Miljarde vir herontwikkeling by Telkom Towers in Pretoria
    Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê die Departement sal volgende week 'n versoek om inligting publiseer vir die herontwikkeling van die gebied romdom Telkom Towers in Pretoria. Die projek sal na verwagting tot 2,2-miljard Suid-Afrikaanse rand kos en meer as 5 300 geleenthede vir konstruksiewerkers skep. Planne sluit ook die Openbare Werke-gebou en die Sentrale Regeringskantore in, wat die totale belegging op ongeveer 6,6-miljard-rand te staan bring en meer as 12 700 werkgeleenthede sal skep:
    1 min
  • Capricorn bestee ruim op maatskaplike projekte
    Capricorn Group se 2026 Maatskaplike Waardeverslag toon dat hy 29,3 miljoen Namibiese dollar in korporatiewe maatskaplike beleggingsprojekte in Namibië en Botswana belê het. Capricorn se uitvoerende hoof van korporatiewe sake, Marlize Horn, sê projekte sluit in onderwyserontwikkeling, ondersteuning vir skoolvoedingsinisiatiewe, die Bank Windhoek Kanker-appelprojek, kreatiwiteit en kulturele uitdrukking.
    1 min
  • Fosa vra verhoogde matriek-slaagsyfer
    Forum for South Africa sê die regering moet die slaagvereistes vir matriek verhoog, en sê 'n 30 persent-slaagsyfer in sommige vakke is te laag. Die Forum beplan om 'n Wiskunde-program vir grade vier tot sewe in werking te stel om leerders se vaardighede te verbeter voordat hulle matriek bereik. Tebogo Mashilompane van die Forum sê meer belegging is in basiese onderwysnodig, veral in wiskunde, wetenskap, lees en digitale vaardighede:
    1 min
  • US$5 000 vir stemme - Trump sê hy't nie toestemming nodig nie
    Die Amerikaanse President Donald Trump sê sy kontroversiële voorstel om ’n tjek van 5 000 dollar aan elke Amerikaner te stuur – as sy party die November middel-termyn verkiesings wen - nie goedkeuring van die Kongres benodig nie. Opposisie-politici het Trump se plan gekritiseer, met baie wat kla dat dit die land ongeveer 1,3 miljard Amerikaanse dollar sal kos. Trump het met CBS Nuus gepraat:
    1 min
  • Sekondêre nywerhede moet teen 2030 25% van BBP bydra
    Nasionale Beplanningskommissie direkteur-generaal Kaire Mbuende sê Namibië beoog om sekondêre nywerhede se bydrae tot 25 persent van BBP teen 2030 te verhoog. Mbuende was ‘n gasspreker by die 2026 Afrika Groen Nywerhede Beraad in Swakopmund en sê die inisiatief vorm deel van die regering se verbintenis om plaaslike vervaardiging uit te brei en die land se afhanklikheid van ru-materiaal uitvoere te verminder.
    1 min
  • Die nuus om 08:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • SA se mynbouproduksie daal in Julie
    Statistiek Suid-Afrika sê mynbouproduksie het in Julie met 7,5-persent op 'n jaargrondslag gedaal, hoofsaaklik weens afnames in die produksie van platinumgroepmetale, steenkool en ystererts. Verkope van minerale het ook met 5,6-persent afgeneem, terwyl goudverkope met meer as 33-persent getuimel het. Juan-Pierre Terblanche van Statistiek Suid-Afrika sê seisoenaal aangepaste mineraalverkope het op 'n maandelikse grondslag met 15,1-persent gedaal en mynbouproduksie is 1,9-persent laer as in Junie:
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…