Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • SA-vervaardiging styg in Julie
    Statistiek Suid-Afrika sê vervaardigingsproduksie het in Julie met 1,1-persent gestyg teenoor dieselfde maand verlede jaar. Kos en drank, asook petroleum en chemiese produkte, was van die grootste bydraers tot die groei. Seisoensaangepaste produksie het van Junie af ook met 2,2-persent gestyg. Nicolai Claassen van Statistiek SA sê vervaardigingsverkope het met 3,9-persent in Julie gestyg nadat dit in die vorige twee maande gedaal het:
    1 min
  • NamRA laat nou hersiening toe na SAD 500 gelaai is
    NamRA het sy elektroniese stelsel opgedateer, wat verrekeningsagente en belastingbetalers toelaat om ontbrekende of hersiene dokumente aan te heg nadat hulle hul sogenaamde SAD 500-verklaringsvorms ingedien het. Woordvoerder Steven Ndorokaze verduidelik dat hoewel gebruikers nou addisionele vereiste dokumentasie na aanslag kan oplaai, die nuwe funksie nie wysigings aan voorheen ingediende vorms toelaat nie.
    1 min
  • Die 12:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Nog reën die naweek verwag
    Dele van suidelike, sentrale en oostelike Namibië kan oor die naweek reënbuie verwag. Meteoroloog Albertina Anderson sê reënbuie sal vanaf die kus en die suidelike binneland inbeweeg voordat dit na die sentrale streke en die gebiede rondom Leonardville, Witvlei en Gobabis in die ooste versprei. Sterk winde word in sommige gebiede verwag.
    1 min
  • NSFAF het tot dusver N$2 miljard uitbetaal - Steenkamp
    Onderwysminister Sanet Steenkamp sê NSFAF het tot dusver vanjaar meer as 2 miljard Namibiese dollar aan klasgelde en nie-klasgelde uitbetaal. Steenkamp het aan die Parlement verslag gedoen oor vertragings in die betaling van nie-klasgelde en gesê dat NSFAF meer as 56 000 aansoeke ontvang het, met meer as 38 000 wat vir befondsing goedgekeur is asook fakture wat vir uitbetaling aangevra is. Sy het meer.
    1 min
  • Meatco het strategie vir NCA
    Meatco sê sy ommekeerpogings begin positiewe resultate lewer, met sterk groei in inkomste, winste en beesslagtingsyfers. Dit volg op 'n werksbesoek van landbouminister Inge Zaamwani aan Meatco se Windhoek-fasiliteite, waar sy ingelig is oor die korporasie se prestasie en belangrike strategiese prioriteite. Meatco-woordvoerder Undamuje Hambira sê een van die hoogtepunte was dat meer as 34 000 beeste tot dusver vanjaar geslag is, 'n toename van 55 persent in deurset. Maar daar is meer.
    1 min
  • Atoomenergie-agentskap hou aktiwiteite dop by Iran se Pickaxe-berg
    Die Internasionale Atoomenergie-agentskap sê hy hou aktiwiteite dop by Iran se Pickaxe-berg, ʼn ondergrondse tonnel-netwerk naby Teheran se Natanz-uraanverrykingsfasiliteit. Die hoogsversterkte terrein is vermoedelik ʼn kernfasiliteit wat in aanbou is. Volgens berigte gebruik Iran opgegaarde onderdele om missiele te vervaardig wat met soliede en vloeibare brandstof aangedryf word. Die agentskap se direkteur-generaal, Rafael Grossi, het aan Bloomberg gesê hulle het geen konkrete inligting oor moontlike aktiwiteite wat by Pickaxe plaasvind nie:
    1 min
  • Tugoptrede aan die gang teen 173 SA tronkbewaarders
    Die Departement van Korrektiewe Dienste se nasionale kommissaris, Makgothi Thobakgale, het bekend gemaak dat tugoptrede teen 173 tronkbewaarders aan die gang is. Sommige word aangekla dat hulle gevangenes gehelp het om smokkelware in die tronk in te bring. Dis deel van verskerpte landwye ingryping en onlangse intelligensie-gedrewe klopjagte by tronke. Thobakgale sê ná die ontsnapping by die Rooigrond Maksimum Korrektiewe Sentrum sal hulle voortgaan om diegene te vervolg wat die korrektiewe stelsel se integriteit probeer ondermyn.
    1 min
  • Die nuus om 11:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Die nuus om 10:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…